Profile photo of Vloei

by

Droog

Maart 10, 2011 in Sonder kategorie

Wanneer die maroelas en wag-‘n-bietjies se blare hang kan jy maar weet dis warm en dit het lanklaas gereen, maar as ‘n gwarriebos verlepperig begin lyk is dit droog. Groen het begin om sy groen te verloor en die oggenddou het opgehou. Selfs die paar yl wolkies wat agtermiddae op die westewind aangedryf kom, bied min hoop. Vreemd hoe uiterstes in mekaar kan vervloei sodat mens skielik op ‘n dag opmerk dis nie meer soos gister nie.

Gister se reen het plek gemaak vir vandag se son wat alles probeer doodskroei. Die opdrifsels van Desember se vloed is die enigste herinnering van ‘n koeler, natter tyd waar daar nou nog net poele staande water groenerig le en verdamp in die rivierloop. Die olifante het begin om syfergate te grawe vir skoner water. Zoeloeland se groen is besig om weg te bak in die nasomer son.

My laaste slukkie water in my waterbottel is lou as ek dit in my keel afgooi. Het jy al geproe hoe hemels daai laaste bietjie water kan wees wanneer dit regtig droog is?

2 antwoorde op Droog

  1. Trakie het gesê op Maart 10, 2011

    Baie goed beskryf.

    Ek voel altyd so half benoud wanneer daar nog net ‘n slukkie water in my bottel oor is.

  2. aa3cher het gesê op Maart 12, 2011

    Dan waadeer jy weer water!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.