Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Profile photo of Vloei

by Vloei

Oggendstond

April 1, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Partykeer word mens die voorreg gegun om ‘n lewensgroot skildery in wording te ervaar. Hierdie sonsopkoms is so maand terug in die hartjie van Zoeloeland afgeneem (Swart Mfolozi). Die foto skiet jammerlik te kort maar gee darem ‘n idee van die grootsheid van daardie oggend.

 

Hier kla die jakkalse gereeld nog in die nag en as jy gelukkig is hoor jy vroeg in die oggend die bromvoels se uitsonderlike geroep. Met die draai van die seisoen is die dae nou draaglik en die nagte heerlik koel en oggende soos hierbo kan jy vrede ervaar vir ‘n kort rukkie.

 

Vrede!