Profile photo of Vloei

by

Wat het rekenaars met die prys van paaseiers te doen?

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Die ding met rekenaars is dat hulle breek (soos baie ander goed) en dat mens afhanklik raak van dit hoe meer jy dit gebruik (soos ook met baie ander goed). Ek is op geleende tyd wat betref internet toeganklikheid voor ek weer die bosse invaar. Ek wou my tyd gebruik om blogs te lees en nog ‘n paar stories te vertel en toe breek my rekenaar…….

 

My waarborg het net verstryk toe hy/sy/dit die gees gegee het! Hoe die vervaardigers weet hoe om die goed te bou sodat hulle breek net na die waarborg oor is, gaan my verstand te bowe! Dit het seker maar iets te doen met ondervinding, finasieele oppertunisme of , in my opinie, ‘n gebrek aan integriteit. Noodgedwonge moes ek toe nou maar ‘n nuwe een gaan koop met geld wat elders benodig word.

 

Die agent sê my toe dat my ou (nuwe!) rekenaar niks werd is nie. Hulle gooi die goed weg en ek dink toe hoeveel duisende gevall soos myne daar oor die wêreld plaasvind. Dit grens aan misdaad as jy bietjie dink aan die impak op grondstowwe en die besoedeling wat gepaard gaan met vervaardiging. Om nie eers te praat van wat word van die stukkende “nikswerd” produkte nie! ‘n Dooie rekenaar ontbind nogal stadig.

 

Hierdie growwe voorbeeld van “consumerism” laat my nou dink aan nou die dag in die winkel. Met Kersfees agter ons is die rakke al klaar gelaai met…….paaseiers! Ek moet nou eers bieg dat ek ‘n soettand het wat my elke nou en dan in die versoeking lei en ‘n swak het vir daai simpel marshmellow en tjoklit paaseiers wat hulle altyd daar by die til sit vir die klein kindertjies wat saam met Mammie inkopies kom doen (en grootmense soos ek!). Ek koop vir my twee maar iets voel nie reg nie. Toe ek hulle oopmaak sien ek hulle het kleiner geword! Ek weet dit want ek het nie grootter geword van laas jaar af nie. Blikkies koeldrank het altyd 340 ml gewees en nou is hulle 330ml. Gaan kyk maar. Ons betaal duurder vir minder sodat die groot maatskapye se winsgrens kan rek.

 

Dink hulle ons is stupid om so blatant die verbruiker te melk. Dink hulle niemand kom dit agter nie! Maar dalk is hulle reg want ek het my nou klaar lus geskryf vir een van daai paaseiertjies en saam met die melk en brood en ander lewens noodsaaklikhede wat ek later vandag gaan moet koop.

Vrede vir julle.

 

4 antwoorde op Wat het rekenaars met die prys van paaseiers te doen?

  1. zephur het gesê op Februarie 4, 2010

    Ja ‘n rekenaar is ‘n uitgawe wat jy nie kan terugkry deur om die rekenaar te verkoop oor 2 jaar of so nie…het dan amper geen waarde. Dit het ook te doen met die dat inligting tegnologie so goedkoop geword het. Dit word by die maand vinniger en beter, en dan nog goedkoper ook.

    As jy na komponente kyk soos hardeskywe. In 1996 was daar ‘n 500mb hardeskyf vir R2000 te koop…almal was oh en ah oor dit. Nou koop jy ‘n 1.5TB hardeskyf vir R1200. dis R800 goedkoper 14 jaar later en dis 3000 keer groter in stoorspasie.

  2. aa3cher het gesê op Februarie 4, 2010

    Dis waar en laat jou wonder hoe dinge oor 10 jaar van nou gaan lyk?

  3. ek sidder om te dink wat goed gaan kos oor 10 jaar!!!

  4. ‘n Rekenaar en ‘n BMW verloor ewe vinnig waarde.

Los ’n antwoord vir zephur. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.