Profile photo of Vloei

by

Geskiedenis op water

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

 

Die boot hiebo het ‘n week gelede reguit vanuit ‘n Asterixboek uit in Richardsbaai in geseil. Die replika van ‘n antieke Phoeniese seilskip is besig om rondom Afrika te seil in ‘n poging om te bewys dat dit wel moontlik was vir die mense van ouds om dit te doen en dat die Portugese dalk nie die eerstes is wat dit reggekry het nie. As julle “Phoenicia” gaan google sal julle al die inligting omtrent die ekspidisie kry en vir die meer avontuurlikes van ons blogmaters….hulle soek nog bemanning vir die volgende been van die reis af Kaap-toe!

Die huidige bemanning is soos die Engelse sê, ‘n “motley crew” (daar was so metalband ook gewees, lank terug). Twee Brasiliane, drie Indonisieers, een Japanees, twee Britte, twee Amerikaners en ‘n Sweed. Ons het hulle laasweek tegemoed geseil met hulle aankoms van Beira af en dit was ‘n gesig om te sien. Ek het net my selfoon gehad om die fotos te neem so verskoon maar die kwaliteit!

Die volgende been gaan seker een van die mees uitdagendste wees. Tussen Durban en Oos-London lê daar 600 seemyl van die mees  berugte kuslyn en weerstoestande. Die karakters op die boot is iets om ‘n storie oor te skryf en het ek nie dringende ander verpligtinge gehad (soos ‘n werksaanbod nie!) was ek op daai skip! Sal julle op hoogte hou en dalk later ‘n paar stories vertel.

7 antwoorde op Geskiedenis op water

  1. Vetjan het gesê op Februarie 4, 2010

    Die Portugese was baie beslis nie die eerstes om dit te doen nie. Hulle het byvoorbeeld ouer kaarte gebruik.. wat iemand voor hulle geteken het.

  2. aa3cher het gesê op Februarie 4, 2010

    Jy sien! Maar ek het wel opgelet dat hierdie bemanning van ‘n GPS gebruik maak!

  3. As ek reg onthou is daar stukke van ‘n Fenisiese skip gevind naby Rugby in die Kaap.Die waterlyn was baie anders daar ‘n duisend of meer jaar terug.Het lank terug op die stukkie inligting afgekom in ‘n obskure boek in ‘n biblioteek in die Kaap.
    Hoop nie hierdie outjies loop hulle vas in die seerowers wat altyd in die Asterix boeke is nie,wilde manne daardie met bene deur die neus..hehehe

  4. zephur het gesê op Februarie 4, 2010

    Wat ‘n belewenis om op so ‘n boot die see aan te durf…

  5. aa3cher het gesê op Februarie 4, 2010

    Jy’t vergeet daai seerowers van Asterix-faam het altyd tweede gekom. Ek het hulle later so half jammer gekry!

  6. aa3cher het gesê op Februarie 4, 2010

    Dit is iets om te beleef. Ek was binne die ruim van die skip en kon ‘n idee kry van hoe dit moes voel op die ou slawebote….baie donker, baie bedompig en baie klam. Hierdie avontuur is net vir die “hard core” avonturier!

  7. aa3cher het gesê op Februarie 4, 2010

    Durf is die regte woord

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.