Profile photo of Vloei

by

Ook ‘n bo-stuklose gebeurtenis

Januarie 23, 2010 in Sonder kategorie

Heelwat jare gelede toe die volksvaders nog gesorg het vir morele standaarde (deur wetgewing afgedwing) en ek nog ‘n “cadet-ranger”vir die ou Natalse Parkeraad was, het die volgende insident plaasgevind:

Op die Noordkus by een van die kusreservate het ek my laaste maand se prakties gedoen en dit was gedurende die Desember vakansie. Dit was nog laaaank voor Vali Moosa se tyd en die hele strand was vol 4×4’s, kinders, hengelaars en sonaanbidders. Ek was net klaar gewees om een (van vele) onervare strandryer uit die sagte sand te sleep, toe ek per radio dringend na die kantoor-toe ontbied is deur die reservaatbestuurder se vrou.

Daar aangekom het ek ‘n ontstelde groepie vroue en ‘n ongemaklike reservaatbestuurder aangetref. “Jy moet vir ons ‘n probleem gaan uitsorteer.” het hy my meegedeel met ‘n ietwat afgunstige blik in sy oe. Die rede vir die tannies se verontwaardiging was dat daar 3 buitelandse dames besig was om aan ‘n “all over tan” te werk ten aanskoue van kinders en ander minderjariges. Kan ek tog net gaan en aan hulle verduidelik dat dit teen wetgewing is en dat hulle van publieke onsedlikheid aangekla kan word!

Ek is terug strand toe in die groen Parkeraadbakkie met die tannies kort op my hakke in ‘n silwer Cressida. Dit was nie baie moeilik om die verdagtes op te spoor nie, jy kon maar net die rigting inslaan na waar die meeste koppe toe gedraai was! In my lewe het ek nog nooit so ongemaklik gevoel nie terwyl ek oor die warm sand aanstryk in my kakie uniform, lang Parkeraad sokkies en ‘n paar Grasshoppers. Nou was die meeste oe op my!

Ek kan eerlikwaar nie die detail onthou van daardie oomblik nie, maar sekere beelde is in my geheue vasgebrand. Hulle was jonk, baie mooi en daar was nie sterretjies op die strategiese plekke soos altyd in die Scope nie. My mond was verskriklik droog a.g.v. die versengende hitte en Engels en praat was nog nooit my sterkpunt nie. In my beste Brits met my oe ongemaklik na bo gekeer het ek vir hulle gese: “Good morning ladies. It is illegal to be breastless in public…….” Ek het nie veel verder gekom nie terwyl hulle met sulke duiweltjies in hulle oe, tergend stadig, hulle toppies oor hulle bolywe getrek het wat alles behalwe “borsloos” was.

Ek het daardie dag besef hoekom dit so belangrik is om goed voor te berei vir jou “English oral”.

13 antwoorde op Ook ‘n bo-stuklose gebeurtenis

  1. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Pragtige stukkie bors.

    Naskrif
    Katelvas sonder woorde
    ets ek sku akkoorde
    in die koel oggendson
    teen ‘n riffelruit
    Vir oulaas fluit
    ‘n inferno wasige
    breinige woorde
    ‘n soet refrein:
    fratsgolf
    koponderstebo
    verruklike volfermte
    driekwartbo

  2. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Ek stem. Enige beroep verg gesonde oordeel.

  3. aa3cher het gesê op Januarie 23, 2010

    Dit kan mens waarlik poeties laat raak! Baie mooi gedig!

  4. aa3cher het gesê op Januarie 23, 2010

    Hoeveel kere het ek myself verwens dat ek dit nie gedoen het nie!

  5. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Thanks. Jy moes net beter oordeel aan die dag gele het.

  6. Ek sou nie omgegee het om my oral op hulle te oefen nie….

  7. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Hoe mis die man uit op ‘n skouspel.

  8. Neander het gesê op Januarie 23, 2010

    Sommer so in die openbaar?
    The young and the b(re)astless;-)

  9. Vlooi! Ai, as dit nie vir verleenheit gewees het nie was ons sonner die kostelike ene. Dis uniek en goed geskryf!

  10. Hehehehe,te kostelik vertel.

  11. Baie lekker storie…

  12. aa3cher het gesê op Januarie 24, 2010

    Dankie, man

  13. aa3cher het gesê op Januarie 24, 2010

    Ja, ek voel nog daai shame!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.