Profile photo of Vloei

by

Gaan speel, dis vakansie!

Desember 12, 2009 in Sonder kategorie

Van more af het ek die mannetjies hier by my vir ‘n deel van die skoolvakansie. Aangesien tyd ‘n manier het om weg te hardloop, gaan ons die meeste daarvan maak. Daar gaan geseil word, gaan kamp word, geswem word en gespeel word. Ek het klaar vanoggend ‘n pakkie pleisters gaan koop vir die nerf-af kniee en elmboe!

 

Daar gaan nie nou getob word oor werk en geld en al daardie ernstige goed nie en vir ‘n paar dae gaan ek weer kind wees saam met my kinders! (Voordat hulle te oud word vir my).

 

Ek hoop julle ander kinders hier in blogland gaan ook tyd maak vir tjoklithande, roomysbekke, baie lag en boomklim (al is dit net vir ‘n rukkie).

 

 

Mieliepit en ‘n moeraskrap

 

 

 

 

 

 

Boesman en Mieliepit bou vlot

 

Vrede vir julle!

10 antwoorde op Gaan speel, dis vakansie!

  1. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Geniet hulle Vloei. Voor jy sien is hulle groot met girls en heelwat minder tyd vir pa.

  2. Jis daai krap lyk of hy die outjie se vingers one skat kan afknip

  3. aa3cher het gesê op Desember 12, 2009

    Dit klink my jy praat uit ervaring! Dankie

  4. aa3cher het gesê op Desember 12, 2009

    Daai een was darem dood.

  5. Kan ek ook kom in boek vir ‘n week of wat?
    Geniet die kiddies, elke oomblik ek kan nie wag dat my 2ling klein kids groot word en ek kan saam speel.

  6. Ou-Top het gesê op Desember 12, 2009

    Een troos is dat hulle hierdie soort van vakansies nooit vergeet nie, my oudste is 39, en hy onthou nog steeds elke detail van hierdie soort van vakansies.

  7. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    23 en 18 en altwee het girls. Ouboet braai vleis. Toe ek hulle ouderdom was het ek dit ook self gedoen. Life’s not fair

  8. Hoe lekker!
    Geniet en hoop nie jy hoef die pleisters uit te haal nie.

  9. Geniet elke oomblik saam met hulle,Vloei.
    Gaan scroll bietjie terug na vroer die week op my blog,daar is ‘n bende storie vir jou :0)

  10. As dit darem nie mooier as mooi is nie! Mens kry sommer lekker om so na die foto’s te kyk. Die wêreld het baie pa’s soos jy nodig! Mieliepitjie lyk asof hy maklik in mens se hart kan groei.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.