by

Bulkhead?

Desember 8, 2009 in Sonder kategorie

Na al die koue en reen is temperature terug na Zoeloeland normaal. Ek het die stukkies mooiweer benut om die bul by die horings te pak en Gargantua se “bulkhead” uit te haal. Nou moet ek vir julle se dat dit nie grappies is om dit te doen wanneer die temperature in die dertigs draai en die humiditeit jou sweetende lyf versmorend in ‘n wolkombers toedraai nie! Maar dis uit en ek voel of ek ‘n veldslag gewen het. Dit het fyn saagwerk gekos om nie die romp te beskadig nie en tussen die twee oop luike het daar beswaarlik ‘n luggie deurgetrek.

 

Die laaste keer wat ek so gevoel het was toe ek vir die eerste keer in my lewe in ‘n sauna gesit het. Hoe de ongeluk kan mense dit vir hulle plesier doen!? Ek is seker die ouens wat dit gereeld doen, oefen vir die hiernamaals. In elkgeval, ek het dit oorleef en dit lyk ons volgende reenweer nie te ver is nie.

Kan iemand dalk vir my se wat is ‘n bulkhead in Afrikaans?

 

 

Dis nou klein Gargantua (met haar bulkhead nog in!)

Vrede.

7 antwoorde op Bulkhead?

  1. Ek wil gaan seil! :0)

  2. aa3cher het gesê op Desember 8, 2009

    Sou haar aangebied het vir jou hanniemoen maar nou’s haar bulkhead uit!

  3. Kan daai boot ons Mauritius toe vat? Ek soek veiligheid vir ‘n slag, want in die land is dit nie te kry nie.

  4. aa3cher het gesê op Desember 11, 2009

    Daar is ‘n GROOT see tussen hier en Mauritius!

  5. Bulkhead is mos ‘n ding wat die een deel vannie ander afskei – ek sou sommer sê tussenskot – maar dis net ‘n raaiskoot!

  6. aa3cher het gesê op Desember 12, 2009

    Dankie, dit kan werk. Jy’s reg, dit versterk die boot en help om sy vorm te hou.

  7. Hoekom het jy haar bulkhead uitgehaal? ‘n Vrou wil mos nie hê daar moet aan haar vorm gekarring word nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.