Profile photo of Vloei

by

Los af

Desember 6, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vanoggend LOS AF! van Cobus Bothma klaar gelees. ‘n Uitstekende boek wat  net byval sal vind by ‘n sekere era se mense. Ek praat nie soseer oor die nostalgie wat die skrywer by die lesers mag opwek nie of oor die tragedie wat met humor geverf word nie. Ek praat van dit wat ek hier op die blogs ook sien. Oor hoe ‘n mens jou siel skoonskryf. Oor ou wonde wat oopgekrap word sodat die etter kan uit.

 

Daar is sekere aspekte waaraan hy raak waaroor boeke geskryf kan word (al geskryf is). In die huidige Suid-Afrika met sy politiese korrektheid, is die Bosoorlog nie meer ‘n onderwerp waaroor graag gepraat word nie. En om hierdie rede loop daar baie mans, wat vinnig hulle seunsskoene moes ontgroei, rond met swere (en so ook die sulkes se geliefdes en familie ). Miskien moet meer mense díe tipe boek lees om so bietjie te kan probeer verstaan.

 

In elk geval, ek gaan nou maar swem aangesien sonskynweer ‘n skaars ding geword het hier aan die Noordkus! Nee Ghaap, ek is nie so gelukkig soos jy nie!

4 antwoorde op Los af

  1. Jy het my voorgespring Vloei, ek het snaaks genoeg ook vanoggend die boek klaar gelees en dit net so geniet vir die gedagtes wat dit los by my gemaak het. Ek dink egter jy is verkeerd as jy dink dit sal nie byval vind by ‘n breer gemeenskap nie. Ek was nie daar nie maar dit bly fassinerend en belangrik dat die stories gedokumenteer word! Lees gerus ook Pionne van Bertie Cloete as jy die een geniet het. Dit is geskryf in dieselfde trant en net so fassinerend

  2. aa3cher het gesê op Desember 6, 2009

    Dankie. Gaan hom soek.

  3. aa3cher het gesê op Desember 6, 2009

    🙂

  4. aa3cher het gesê op Desember 6, 2009

    Heerlik dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.