Profile photo of Vloei

by

Ver in die ou Kalahari

Desember 2, 2009 in Sonder kategorie

 

Hierdie foto is tussen Hotazel en Van Zylsrus geneem. Ons was vroeer die jaar in daardie omgewing om na die meerkat navorsingsprojek te gaan kyk. Die Kalahari het ‘n goeie reenjaar gehad en die gras het plate gestaan. Daar is iets omtrent die lug (uitspansel) daar, dis net anders as op ander plekke! Groots of so iets – moeilik om dit te omskryf.

 

Spesiaal gepos vir julle wat daar ver in die vreemdes bly. Hoop dat hierdie foto julle nader aan die huis laat voel!

 

 

5 antwoorde op Ver in die ou Kalahari

  1. Ek was net oppad uit die studeerkamer,toe ek sien jy het iets gepost.Weet jy hoe verlang ek nou huistoe??
    ..as ek my oe toemaak kan ek die jakkalse vroegaand hoor skree,die windpomp se kraak en kreun.
    Lekker slaap.En baie dankie :0)

  2. katrina het gesê op Desember 3, 2009

    Asemsnakkend mooi!

  3. My pa het in die Kalahari grootgeword en ek kan nou nog die reuk oproep as die groot druppels in die sand plof en die doringbome doodstil natword asof dit heilige tye is. Groots is die regte woord.

  4. duplesd het gesê op Desember 3, 2009

    Jou blik en snaar! Ek sit hier in Dubai en verlang huis toe en sal Kersfees nie op die plaas in die Vrystaat saam met my familie kan wees nie en jy stuur hierdie een! Sjoe en verder is ek weer ‘n Voortrekker in St 8 toe ons saam met oom Willem daar tussen Hotazel en Van Zylsrus by die Molopo gaan stap het! Een van die girls wou in die nanag net roomys he (in haar slaap gepraat terwyl ek waggestaan het!) Die brak water, die son opkom en ondergaan! Fantasties! Wow, jy vat my ver terug!

  5. aa3cher het gesê op Desember 3, 2009

    Moet net byvoeg dat ek hier met ‘n ander man (vrou) se kallers geploeg het. Een van die studente het hierdie foto geneem en is vir my so mooi dat ek dit met julle moes deel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.