by

Stadiger!

November 28, 2009 in Sonder kategorie

Na ‘n week se koue, nat weer hier op die Noordkus was vandag  een van daardie sorgvrye sonskyn dae. Dis my naweek met die mannetjies en ons samesyn is ingewy met Boesman wat vanoggend deur ‘n “swemkrap” geknyp is. Mieliepit het met ‘n vaart by die boot aangekom en vir my geskreeu die krap het vir Boesman  en hy huil kwaai.

 

Daar aangekom het hy so tussen die trane deur beduie waar die krap ‘n duik in sy duim geknyp het en met die ander knyper die vel van sy handpalm afgehaal het. Op die vraag waarom hy nie die krap afgeskud of gekap het nie, het hy na my gekyk en gesê; “Dis mos nie nodig om hom dood te maak nie!”.

 

Ons het geswem, gaan seil en roomys ge-eet waarvan die bewyse netnou nog op die mannetjies se bakkies gesit het. Ons het verspring op die strand geoefen en Boesman het op sy kop geval  na ‘n boomklim sessie (gewoonlik is Mieliepit die ongeluksvoël). Dit is sulke tye wanneer ek stroop in die uurglas se sand wil gooi.

 

Lekker aand vir julle!

7 antwoorde op Stadiger!

  1. rosa02 het gesê op November 28, 2009

    was inderdaad ‘n lieflike dag – lekker sjampanje weer

  2. stroop in die uurglas se sand….soooo mooi

  3. Ek stem met pennestrepe.
    Stroop in die uurglas spreek boekdele.

  4. Jammer oor die uurglas, maar toermaar, die stroop is in jou hart en jou herinneringe.

  5. aa3cher het gesê op November 29, 2009

    ‘n Volle agt en vyf!

  6. aa3cher het gesê op November 29, 2009

    Dit is so, maar mens probeer dit nog steeds rek!

  7. aa3cher het gesê op November 29, 2009

    Dankie, julle

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.