by

Spel voute.

November 27, 2009 in Sonder kategorie

Sekere  dinge kan mens  baie meer pla as ander goed. My ma het so hekel aan spelfoute gehad. Sy was ‘n onderwyseres wat o.a. Afrikaans gegee het. Ek onthou in die tyd van diensplig wanneer ek op pas was en by die huis gekom het,  het my briewe aan my ouers op my kussing gelê met die spelfoute netjies onderstreep en reggemaak.

Aangesien ek die afgelope 3 jaar ‘n trekarbeider is en al my boeke iewers in bokse gestoor word, skryf ek nou sonder my HAT. Kan iemand asseblief net weer vir my sê waar kan ek daardie Afrikaanse spelcheck aflaai sodat ek met ‘n geruste hart kan skryf? Ek sal dit baja waardeur.

12 antwoorde op Spel voute.

  1. louisna het gesê op November 27, 2009

    Vloei, weet jy wat pla my meer as voute? Ek het op skool geler een begrip is een woord. Tog wemel die blog van twee woorde vir een begrip soos byvoorbeeld naweek pret, laatnag vrese, en vele ander. Ek is sommer lus en vat ‘n rooi pen en betakel my screen.

  2. louisna het gesê op November 27, 2009

    Puik Rea.

  3. agter elke spel vout skuil ‘n honest mistake 🙂

  4. Ag Trouby, jy is ‘n engel!

  5. My beskeie opinie is dat jy baie by jou ma geleer het en dat jou foute, as daar sou wees, bloot vingerfoute is. Iemand het seker ook in jou ‘Autograph’-boekie geskryf: ‘Moet nooit tevrede wees met selfs jou beste nie. Mik altyd nog hoër!’

  6. aa3cher het gesê op November 27, 2009

    🙂

  7. aa3cher het gesê op November 27, 2009

    Dis van baie skryf in Engels dat daardie soort foute gemaak word.

  8. louisna het gesê op November 27, 2009

    Ja, maar dit is steeds onverskoonbaar. As ek in my seun se handratkarretjie ry, sal ek eenkeer vergeet om die die clutch in te trap as ek stop. Daarna weet mens mos en pas aan.

  9. My ma was (en is nogsteeds) so… Sy lees darem nou nie meer tydskrifte met n pen in haar hand nie!

  10. aa3cher het gesê op November 28, 2009

    Baie dankie,Z.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.