by

Konsert

November 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek was vanaand by ‘n konsert.Alle kaartjies was uitverkoop en daar was meer mense as sitplekke.Die reen het nog steeds neergekom na ‘n laatmiddag storm wat bome ontwortel het, maar dit het niemand gekeer nie.

Die toneelspelers het plek-plek hulle woorde vergeet, meestal heel van die wysie af gesing en hier en daar het een sommer openlik vir bekendes in die gehoor gewaai. Tog was die gehoor in vervoering. Kameras het geflits en die aplous was oorverdowend.Vir ‘n paar oomblike is die gehoor meegvoer deur ‘n atmosfeer van suiwer onskuld.Na afloop van die konsert het die ouers hulle toneelspelertjies bymekaar gemaak om in die bed te prop.

Ek is alleen terug en buite was die nag stil en helder.

4 antwoorde op Konsert

  1. mooi maar hartseer ondertoon…

  2. aa3cher het gesê op November 19, 2009

    Darem net ‘n bietjie.

  3. So ‘n kontras van alles sigbaar en buite en alles deurskynend en binne… 🙂

  4. As ons ouers betrokke wil kry by ‘n oueraand dan tree die koor op – al wat leef en beef kom dan.
    Kinders is die magneet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.