by

‘n Storietjie

November 13, 2009 in Sonder kategorie

Op 30 vt teen so 60 knope kan jy duidelik sien wat op die grond aangaan. Jy kan onderskei tussen ‘n suidwesdoring en ‘n soetdoringboom, jy kan die oumansoutbosse se vaal mooi  raaksien en ‘n litjieskaktus sukkel om vir jou weg te kruip.  Maar jy word netso maklik bekruip deut telefoondrade, windpompe, kraglyne of enige ander “widowmaker” soos Thys dit eendag skertsend genoem het. Op daardie hoogte is jy net oë en jou konsentrasie absoluut.

Tot op daardie tydstip was daar nog nie enige merkwaardige insidente nie. Onstabiele lug en ‘n stamperige vlug is aanvaar as ‘n gegewe en dit was nie meer so snaaks soos die eerste keer nie as die rekenaar  hier voor jou rond swewe wanneer daar in ‘n groot “air pocket” geval word nie. Jy trek maar daai gordels styf vas as jy die belofte van ‘n bloedige warm dag in die wasigheid van die oggendlug lees! Die kuikens (soos ek hulle genoem het) is in Duitsland ontwerp hoofsaaklik vir die plesiervlieënier en hier op die suidpunt van Afrika het ons hulle ons werksesels gemaak. Elke vliegtuig het sekere veiligheidsgrense waarbinne die voorgeskrewe beperkinge neergelê is en sonder om te oordryf kan ek sê dat ons daardie grense behoorlik verskuif het.

Maar die storie wat ek wil vertel het meer te doen met die turbulensie in my gemoed en die onstabiele verloop van my gedagtegang as die tegniese veiligheidsaspekte van daardie wonderlike klein vliegtuigies. Hier moet ek dalk nou eers stop en vir my geagte leser ‘n fototjie plak van hoe die kuiken lyk voordat ek verder gaan.

6 antwoorde op ‘n Storietjie

  1. …kan nie wag vir jou om verder te gaan nie!! Hou van die kuiken!

  2. Ag nee man…is daar nou advertensiebreke op die blogs ook?

  3. aa3cher het gesê op November 13, 2009

    Nee, maar moet nou hardloop. Die res van die storie gaan mooi dink vat van my. Ek skryf maar stadig!

  4. ek sal stadiger lees… 🙂 Mooi dag!

  5. Toe nou man! Vertel nou klaar…

  6. aa3cher het gesê op November 13, 2009

    Haha, dankie man!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.