Profile photo of Vloei

by

Spookstories

September 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek het een nag wakker geword van ‘n teenwoordigheid wat uit ‘n koorsdroom vergestald het. Dit was pikdonker en doodstil maar daar was iets saam met my in daardie kamertjie wat vrees in my laat opstoot het totdat ek dit kon proe in my mond! Dit was die ou plaasopstal by Loteni, in die Drakensberge met geen elektrisiteit nie en ek onthou hoedat ek ‘n paar vuurhoutjies gebreek het in my paniek om die kers aangesteek te kry!

Daar het ek starend gele en bid totdat die vreesvlakke stadig begin sak het en ek rustiger was maar nottefok die kers weer doogeblaas!Natuurlik het ek niks gesien nie maar dat ek die teenwoordigheid van iets ervaar het was so duidelik soos die daglig van die volgende oggend. Ek onthou hoe my Oupa-hulle ons kleinkinders bang gepraat het met spookstories en dat van die ouer skrywers soos Langenhoven lief was om hulle neer te pen.

Deesdae is daar amper nie meer plek vir spoke in ons gejaagde lewe nie en ek het lanklaas iemand oor die onderwerp hoor praat. Spoke en maagde was op ‘n stadium in die selfde asem genoem as goed waarvan al gehoor is maar nog nie gesien is nie…….

Vanoggend het my eie klomp spoke my weer vasgekeer en opgejaag (darem het ek elektrisiteit die slag!). Die Werkloosheidspook wat my teister oor of my aansoek geslaagd gaan wees saam met die Spook van Verlange wat my weer kom herhinder het dat my seuntjies nie meer by my is nie. Ek is op en het toe maar blogs kom lees om die spoke so bietjie te verdryf en daar lees ek toe ander se spookstories! Anha se geveg met Bacchus se gees, Liani se seer oor ‘n verlore vriendin en ek besef dat spoke hulle deesdae in nuwe gedaantes voordoen. As ek kon het ek vir julle elkeen ‘n kers aangesteek!

Laat my sommer verlang na outydse spoke!

3 antwoorde op Spookstories

  1. Mooi. Ek plak ook gou ‘n spookstorietjie op die stoep.

  2. Julle is spokerig vanmore kerels..hiehiehie(kyk oor my skouer)

  3. Jy beter oor jou skouer loer, Engeland is vol van die spoke!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.