Profile photo of Vloei

by

Oogpunt

September 16, 2009 in Sonder kategorie

In ons selfgemaakte , eie doen en late vakuum

leef ons sukkelend, voortvarend, hygend, intiem.

Omring deur die glasgordyn,

kan ek my eie seisoene  verwissel en verstel

kan ek kies watter storie die skerm my nou moet  vertel,

in ons selfgemaakte skyn.

Maar rondom ons is die skrif reeds lankal teen die muur,

In die water, in die lug, in die rook van díe industrie se vuur.

In retoriek sê ek dit weer,

op konferensies praat ons klimaatsverandering en nog groot woorde,

die wystes van die wyses kom praat-praat hulle sê uit alle oorde.

Is ons so onmagtig om dit te keer?

Pappa, pappa hoekom hang die maan so lankal  skeef?

Dis al die uitverkorenes, my kind , van díe wat aan die sonkant wil leef.

Dit is al lankal so,

Pappa, pappa hoekom word die aarde dan nou so klein?

Ons moes ons losmaak, my kind, anders het ons ook  al verdwyn.

ons leef wat ons wil glo.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.