Jy blaai in die argief vir 2009 September.

Profile photo of Vloei

by Vloei

Spookstories

September 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek het een nag wakker geword van ‘n teenwoordigheid wat uit ‘n koorsdroom vergestald het. Dit was pikdonker en doodstil maar daar was iets saam met my in daardie kamertjie wat vrees in my laat opstoot het totdat ek dit kon proe in my mond! Dit was die ou plaasopstal by Loteni, in die Drakensberge met geen elektrisiteit nie en ek onthou hoedat ek ‘n paar vuurhoutjies gebreek het in my paniek om die kers aangesteek te kry!

Daar het ek starend gele en bid totdat die vreesvlakke stadig begin sak het en ek rustiger was maar nottefok die kers weer doogeblaas!Natuurlik het ek niks gesien nie maar dat ek die teenwoordigheid van iets ervaar het was so duidelik soos die daglig van die volgende oggend. Ek onthou hoe my Oupa-hulle ons kleinkinders bang gepraat het met spookstories en dat van die ouer skrywers soos Langenhoven lief was om hulle neer te pen.

Deesdae is daar amper nie meer plek vir spoke in ons gejaagde lewe nie en ek het lanklaas iemand oor die onderwerp hoor praat. Spoke en maagde was op ‘n stadium in die selfde asem genoem as goed waarvan al gehoor is maar nog nie gesien is nie…….

Vanoggend het my eie klomp spoke my weer vasgekeer en opgejaag (darem het ek elektrisiteit die slag!). Die Werkloosheidspook wat my teister oor of my aansoek geslaagd gaan wees saam met die Spook van Verlange wat my weer kom herhinder het dat my seuntjies nie meer by my is nie. Ek is op en het toe maar blogs kom lees om die spoke so bietjie te verdryf en daar lees ek toe ander se spookstories! Anha se geveg met Bacchus se gees, Liani se seer oor ‘n verlore vriendin en ek besef dat spoke hulle deesdae in nuwe gedaantes voordoen. As ek kon het ek vir julle elkeen ‘n kers aangesteek!

Laat my sommer verlang na outydse spoke!

Profile photo of Vloei

by Vloei

Spookstories

September 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek het een nag wakker geword van ‘n teenwoordigheid wat uit ‘n koorsdroom vergestald het. Dit was pikdonker en doodstil maar daar was iets saam met my in daardie kamertjie wat vrees in my laat opstoot het totdat ek dit kon proe in my mond! Dit was die ou plaasopstal by Loteni, in die Drakensberge met geen elektrisiteit nie en ek onthou hoedat ek ‘n paar vuurhoutjies gebreek het in my paniek om die kers aangesteek te kry!

Daar het ek starend gele en bid totdat die vreesvlakke stadig begin sak het en ek rustiger was maar nottefok die kers weer doogeblaas!Natuurlik het ek niks gesien nie maar dat ek die teenwoordigheid van iets ervaar het was so duidelik soos die daglig van die volgende oggend. Ek onthou hoe my Oupa-hulle ons kleinkinders bang gepraat het met spookstories en dat van die ouer skrywers soos Langenhoven lief was om hulle neer te pen.

Deesdae is daar amper nie meer plek vir spoke in ons gejaagde lewe nie en ek het lanklaas iemand oor die onderwerp hoor praat. Spoke en maagde was op ‘n stadium in die selfde asem genoem as goed waarvan al gehoor is maar nog nie gesien is nie…….

Vanoggend het my eie klomp spoke my weer vasgekeer en opgejaag (darem het ek elektrisiteit die slag!). Die Werkloosheidspook wat my teister oor of my aansoek geslaagd gaan wees saam met die Spook van Verlange wat my weer kom herhinder het dat my seuntjies nie meer by my is nie. Ek is op en het toe maar blogs kom lees om die spoke so bietjie te verdryf en daar lees ek toe ander se spookstories! Anha se geveg met Bachus se gees, Liane se seer oor ‘n verlore vriendin en ek besef dat spoke hulle deesdae in nuwe gedaantes voordoen. As ek kon het ek vir julle elkeen ‘n kers aangesteek!

Laat my sommer verlang na outydse spoke!

Profile photo of Vloei

by Vloei

Oogpunt

September 16, 2009 in Sonder kategorie

In ons selfgemaakte , eie doen en late vakuum

leef ons sukkelend, voortvarend, hygend, intiem.

Omring deur die glasgordyn,

kan ek my eie seisoene  verwissel en verstel

kan ek kies watter storie die skerm my nou moet  vertel,

in ons selfgemaakte skyn.

Maar rondom ons is die skrif reeds lankal teen die muur,

In die water, in die lug, in die rook van díe industrie se vuur.

In retoriek sê ek dit weer,

op konferensies praat ons klimaatsverandering en nog groot woorde,

die wystes van die wyses kom praat-praat hulle sê uit alle oorde.

Is ons so onmagtig om dit te keer?

Pappa, pappa hoekom hang die maan so lankal  skeef?

Dis al die uitverkorenes, my kind , van díe wat aan die sonkant wil leef.

Dit is al lankal so,

Pappa, pappa hoekom word die aarde dan nou so klein?

Ons moes ons losmaak, my kind, anders het ons ook  al verdwyn.

ons leef wat ons wil glo.

Profile photo of Vloei

by Vloei

My naamloses

September 2, 2009 in Sonder kategorie

Jy kry hulle ooral in ons samelewing. Hulle werk vir ons, van die kombuis af tot in die duurste restaurante. Jy kry hulle by die rykes en die armes. Party het tande, die meeste daarsonder. Hulle was al gebruik om die grotes te laat val (Julius Caesar, Hendrik Verwoerd en so aan) maar hulle het ook al tallose lewens gered.

My ode vandag is aan die mes. Toe ek die eerste keer saam met argeoloë na klipwerktuie gesoek het en ‘n klipmes uitgewys is, was ek aangegryp. Ek was nog maar altyd lief vir ‘n mooi mes. Mooi is natuurlik ‘n relatiewe (en persoonlike) begrip. Vir my lê die definisie van mooi in ‘n mes by die kombinasie van sy lyne, die staal van die lem en die materiaal van die hef.

Netsoos mense kry jy baie tipes messe. Jagmesse, knipmesse, kapmesse, kombuismesse en so kan ek aangaan. Die stoffasie waarvan die lem gemaak is bepaal die karakter. Hoë koolstofstaal is hard en behou sy snyvlak lank maar roes maklik. Vlekvrye staal werk lekker by die see en blink mooi maar stomp vinnig af.

Eric, ‘n Fransman, het my vertel van die gebruik dat wanneer iemand vir jou ‘n mes gee, jy hom ‘n muntstuk moet teruggee as ‘n simboliese koopooreenkoms. Doen jy dit nie gaan die vriendskapsbande gesny word. Jy lag! Ek kan jou ‘n storie vertel van twee boesemvriende, ‘n Toearegdolk en ‘n meisie. Later….dalk eendag sal ek, maar nie nou nie.

Die mes en in sy groter vorm, die swaard, het deur die eeue heen geskiedenis help vorm. Van Abraham en Isak tot in die loopgrawe waar die bevel, “Fix bayonets!” uitgeskreeu is. ‘n Mes kan oopvlek, ‘n mes kan tot op die been sny, ‘n mes kan afskil, ‘n mes kan die vrot uitsny. In die hande van ‘n moordenaar het hy ‘n sekere betekenis, in die hande van ‘n dokter ‘n heeltemal ander betekenis.

In die mitologie lees ons van die helde se lemme wat hulle eie name gehad het. Koning Athur se Excalibur, Beowulf se Hrunting en Frodo se Sting. Die samurai se swaard was deel van sy wese. Mense se bestaan en leefwyse is beskerm en vernietig deur die lem. Self Petrus het ‘n swaard gedra (en gebruik)!

My messe het nie name nie maar dat elkeen sy eie karakter het is so. Van my Okapi, swissmessie, Leatherman en Joseph Rodgers tot by my handgemaakte skedemes het ons baie dinge saam deurgemaak. Hulle is vir my soos ou vriende, staatmakers. Die karakter wat hulle het was net deels daar met die giet en ontwerp. Die res is gesmee in werkverrigting, ervarings en emosies. Ja, so nou en dan wil daar nog iets misties uit die glim van my lem blits……

Profile photo of Vloei

by Vloei

Juluka!

September 1, 2009 in Sonder kategorie

Dat Global Warming nie ‘n spookstorie is nie, word weerspieel deur die feit dat die weerspatrone lekker deurmekaar is. Noudiedag se ‘n omie so tussen die geverf aan sy boot deur dat, sover hy kan onthou, die vorige winters almal op ‘n Dinsdag was. Hierdie jaar was dit op ‘n Donderdag!(Hier is dit moontlik om in die winter ook te sweet!)

Vandag gaan ons WARM kry hier op die Noordkus! Lekker lentedag vir almal