Profile photo of Vloei

by

Onbenullig

Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie

Oom Kaspaas (Breekwater) het altyd woorde in Nefie se mond gele as hy weer oor iets wou praat of spog, gewoonlik sommer so uit die bloute uit.

Met apologie teenoor Honiball wil ek net se: “Julle praat nou so oor die klein dingetjies van die lewe. Dit laat my nou dink aan daai more toe jou Omie, as’t ware, met oop………”

Al die groot veranderings in my kort bestaan het begin met klein dingetjies. ‘n Brief wat geskryf is of nie geskryf is nie, ‘n onbenullige sms, ‘n kopknik en ‘n glimlag of ‘n oorvertelde storie. Ek het vanoggend met die druk van ‘n knoppie my CV Kambodja toe gestuur. Ek het gistraand vergeet om my seuntjies te bel. Dit alles het geweldige potensieele energie…

“Gaats Omie, Omie kyk so vir die meisie met die klein rokkie dat Omie nooit daarie groot trok sien kom het nie…”

2 antwoorde op Onbenullig

  1. aa3cher het gesê op Augustus 27, 2009

    Ja, maar Naledi uitgewers het in 2007 dit herdruk in boekvorm.

  2. aa3cher het gesê op Augustus 27, 2009

    Jy slaan die syker op die kop! Amper soos Langenhofen se opmerking in die Parlement dat die helfte van die mense daar bobbejane is. Toe die Speaker aandring dat hy sy stelling moet terugtrek se hy,jammer, die helfte van die mense is nie bobbejane nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.