Profile photo of Vloei

by

Mikstok

Augustus 13, 2009 in Sonder kategorie

Dit voel nie so lank terug nie  toe ek en sy  nog vir mekaar geskryf het (pen, papier, koevert en seël!). Sy iewers in Europa en ek ‘n uur se ry van die naaste poskantoor iewers op die platteland. Twee weke se verloop tussen emosies wat vasgepen is op ‘n sekere oomblik en ‘n reaksie daarop. So ‘n geheen en weer tussen die hede en die verlede. Dit was in ’95, die deurmekaar oorgangstydperk tussen die ou en nuwe  Suid Afrika.

Die manier van hoe ons vandag kommunikeer is verbysterend as jy die moeite doen  om so 15 jaar in die verlede terug te dink. Nou kan ons sms, e-pos, facebook, skype en blog! Tog was daar ‘n sekere afwagting vir daai brief met die kenmerkende handskrif. Maar ek wil nie nou vir of teen die ou  of die nuwe manier argumenteer nie. My punt is dat ek  (soos enige ander ou wat wil) nou ook  ‘n seepkis het vanwaar ek my opinie kan lug. Nogal ‘n groot stap vir ‘n ou wat homself as outyds beskou!

Wat my laat dink aan die Engelse offisier wat ‘n les in moderne oorlogvoering gekry het van ‘n ou Boere omie wat na ‘n skermutseling gevang is. Op die offisier se vraag aan die oom waarom die Boere altyd agter die klippe lê en skiet tydens ‘n geveg was sy antwoord: “ Sodat julle ons nie kan raakskiet nie, boetie.”Waarop die offisier, uit die hoogte wou weet dat , siende die Engelse  die hoogste ontwikkelde ras ter wêreld is, wat die Boere gaan doen as hulle ‘n geweer uitvind wat agter die klippe kan skiet?Die oom het hom vol in die oë gekyk en gesê: “Dan lê ons maar voor die klippe en skiet julle!”

So beweeg ons maar met die tye. Vrede,  soos my vriend Charlie altyd sê.

7 antwoorde op Mikstok

  1. Hallo Vloei, welkom in blogland.
    My man (toe-kerel)het briewe van formaat vir mekaar geskryf – my ouers het altyd gespot en gevra of ek nou weer ‘n boek vir hom geskryf het! Maar ek kan nog steeds my hart hoor klop wanneer ons poskantoor toe gegaan het om die pos te gaan haal… Dit was heerlik!
    Ek het ook baie van jou storie oor die mikstok gehou!

  2. aa3cher het gesê op Augustus 13, 2009

    Baie dankie. Nog besig om my voete te vind maar geniet dit alreeds!

  3. Aaah, ek is mal oor handgeskrewe briewe, die reuk daarvan, die gevoel daarvan – dit is kosbaarder as boeke.

  4. katrina het gesê op Augustus 13, 2009

    My handgeskrewe briewe het in argiefstukke verander omdat ek nooit so ver gekom het om te pos nie. Nou kan ek dadelik ‘n knoppie druk, maar niks kom by die gevoel van afwagting wanneer daar ‘n lekker dik brief in die posbus vir jou wag nie…

  5. Daar is niks wat ‘n goeie skryf pen, papier en ‘n koevert, en ‘n kenmerkende handskrif ooit kan vervang nie….niks !

  6. hehe Boer maak n plan

  7. ai lekkerte van ‘n brief kry, en die satisfaksie van een pos…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.