DIe Siel van die Mier
Dond 2 Sep 2010, 15:35 15 Kommentaar Rapporteer MisbruikOns worstel gedurig met ons lewenspaaie en ons doel op aarde en daardie dinge, maar daar is inderdaad niks nuuts onder die son nie. Ek is soms baie verras met die waarhede wat ou filosowe kwytgeraak het, selfs sommige Bybelse stellings, wat ons nou aangaan asof ons dit uitgedink het.
Terwyl ek nou stapeltjies boeke wat oral in die huis lê in oorvol boekrakke probeer insorteer, kom ek weer af op Die Siel van die Mier, van Eugene Nielen Marais. Mense, probeer dit tog in die hande kry.
Ek kan nie glo hierdie boek wat amper 'n eeu oud is, lees so relevant nie. Asof dit maar'n nuwe boek is wat pas verskyn het. Daardie man was briljant, maar as ek so iets lees, is dit met die wete dat daardie kennis na hom gechannel is, en dat dit sy doel op aarde was om hierdie kennis na te laat. En dat dit ons plig is om te lees en kennis te neem van dit wat hy sê.
Maar op 'n ligter noot, as jy wonder oor jou lewe, of net 'n rukkie tyd het, gaan soek 'n stroompie miere in die tuin, en hou hulle dop. Eaven, hoor jy? Hou hulle dop, en konsentreer op wat hulle doen, en hoe hulle dit doen.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: gaan na die mier en word wys
Deel 2 van my Beslissende Oomblik wat my lewe ten goede verander het (Kokomo, jy wou mos, hier kom nog dele wat my lewe andersins beïnvloed het)
Dond 2 Sep 2010, 12:06 19 Kommentaar Rapporteer MisbruikHierdie deel kan 'n mens eintlik net verstaan as ek 'n effense agtergond gee van die paar jaar ná die Ontmoeting Met Die Man Met Die Ysblou Oë, en voordat ons hier beland het.
Kyk, ons is grootgemaak in 'n tyd wat jy nie eintlik iets anders gedoen het as gaan studeer na skool, in 'n 'veilige' rigting soos onderwys, sodat jy iets het 'om op terug te val' nie. Niemand het egter ooit gesê waarop jy gaan terugval nie.
Nou daardie jare het jy ook besluit watter werk jy wil doen, aansoek gedoen, en die pos gekry. Veilige beroepe, sekuriteit, pensioenskemas. Jy het ook nie sómmer van werk verander nie. Wrapped in security blankets, dit was ons.
Nou Die Man Met Die Ysblou Oë het in my lewe bly opduik, op onwaarskynlike plekke, ook by die Toastmasters klub waaraan ek behoort het, wat kilometers ver was van beide ons huise. Lang storie kort, een aand op pad Toastmasters toe vra hy ek moet hom ontmoet vir koffie voor die tyd en ons kom nooit by Toastmasters uit nie, maar begin 'n besigheid saam. Ek het die volgende dag bedank. Net so.
Vyf jaar later was MaanMan ook nie meer 'n Belangrike Man nie, maar deel van die besigheid (hy koop toe Die Man Met Die Ysblou Oë uit), en so bedryf ons toe tussen ons twee 'n kwekery, en koop ook 'n Verimark Franchise.
Nou enige persoon wat al deel was van die kommersiële Kersfees-sirkus weet dat jou vingerpunte teen Nuwejaar bloedblase geslaan is op die till, en jou knieë dik geswel.
So besluit ek ek is móég en wil 'n naweek wegkom, en nóú. MaanMan keer nog en wil 'n behoorlike vakansie beplan, nogal in Zanzibar, maar ek sê nee, nóú. En ek bespreek twee vliegkaartjies Kaap toe en 'n kar. Sonder 'n plan. Net met die idee om Gansbaai se kant toe te ry, en iewers in Hermanus oorslaapplek te soek.
Op pad Hermanus toe kry jy mos Kleinmond, en toe ons halfpad deur Kleinmond is, keer ek, en sê ry bietjie deur die woongebied, dit lyk na 'n oulike klein dorpie.
MK: Jislaaik, hier sal mens lekker kan fietsry, die strate is lekker plat en dis so stil, kom ons kom bly hier
MM: OK (Bless his inskiklikheid, en nie-luister-vir-sy-vrou-nie. Hy dag ek sê bly hier vanaand.
So het ons by 'n B&B ingeboek.
MK: Kom ons gaan loer bietjie na eiendomspryse, daar is so oranje (hoe anders?) Eiendomsagent in die hoofstraat
MM: OK, dis nog vroeg
Ek kan die storie nog lank uitrek, van hoe MaanMan met sy vinger teen 'n foto teen die muur gedruk het, hoe die agent ons nie wou kom wys nie want die plek is in 'n slegte toestand, ons wat ry en die plek soek en die vrou oortuig dat ons net vinnig wil loer en 'n klomp dinge, maar 'n lang storie kort:
Ons het daardie selfde naweek 'n aanbod gemaak op hierdie huis, op voorwaarde dat die Verimark winkel binne 60 dae verkoop. Dit is die volgende oggend voordat ek gaan oopsluit het verkoop.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: hierdie is eintlik 'n baie lang verhaal hoe alles wat ons ooit wou hê net so binne daardie paar dae bymekaar gekom het al ons specs wat ons oor die jare opgestel het vir ons eendag is hier - in hierdie huis in hierdie dorp http://www.kleinmondselfcatering.co.za
My beslissende oomblik, Ons 8-Jaar herdenking en Hanna Hoekom - En ja, dit hou alles verband)
Woen 1 Sep 2010, 19:23 27 Kommentaar Rapporteer MisbruikIewers baie jare gelede toe MaanMan nog 'n Belangrike Man in Johannesburg was, was ons gaste by een of ander plesierige perdewedren, die met die outfits en so, daar bo in so plek waar ons ons weddenskappe kon plaas. Nou MaanMan is nie 'n man wat hom ophou met 'n gedobbelry nie, maar ons tafelgenoot het saam met my ons weddenskappe geplaas en dan het ons met groot gejuig ons perde dopgehou en dan ons wengeld gaan haal en summier weer verwed. Plesierig is nie die woord nie. Ek onthou van so swart mini besigheid, en sulke wilde fish-nets met rose op. Mos op my prime gewees daai tyd.
Ons was net weer besig om ons nuwe perde te kies, toe 'n man met sulke ysblou oë my op die skouer tik en vra: En hoe, presies, kies julle twee mooi meisies julle perde dat julle so aanmekaar wen?
Die res van die storie eindig vandag, wat ons ons 8-jaar herdenking in Kleinmond vier. 1 September 2002 het ons presies dieselfde roete van Worcester af Kleinmond toe gery as vandag, ek met my wit strykyster Merc, en MaanMan met sy bakkie en sleepwa, na 18 uur op die pad, met twee getraumatiseerde katte, op pad na ons hartsplek. Waar ons wérklik tuis voel vir die eerste keer in ons lewens.
Daardie een sin van die man met die ysblou oë, het 'n reeks gebeure in plek laat val soos Rubik's Cube wat in plek kliek, om my vandag op pad van Worcester af, waar ons Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom gaan kyk het, te laat weet.
Everything is in divine order. Indeed.
(Dankie Etienne)
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: julle kan my enige iets vra maar moet my net nie vra oor hanna hoekom nie want wragtag - ek voel verneuk
Aan al my ou vriende en ook nuwe vriende en bloggers wat ek die afgelope ses maande gesien het...
Dins 31 Aug 2010, 10:33 40 Kommentaar Rapporteer MisbruikDis dalk tyd om al hierdie vriendskappe bietjie in heroorweging te neem... Ek het onlangs ook bietjie my Facebook profiel skoongemaak, om verskeie redes. Maar my werklike vriendskappe met werklike mense kom nou aan die beurt.
Kon NIEMAND vir my sê daar groei 'n Pubic Hair op my keel nie?!?
Op 'n sekere ouderdom begin mens mos sulke wit wegloper-ooghare kry, en die oplossing klink so eenvoudig - pluk hulle uit. Nou is die catch dat jy hulle maklik uitpluk die eerste keer, maar as dit begin uitgroei, kan jy dit nie meer raaksien nie, dis mos wit.
En probeer bietjie om deur die onderste stukkie van jou bril (daar waar die leesdeel van jou multifocal sit) jou ooghare raak te sien... Of 'n Pubic Hair op jou keel...
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: en nee voordat jy vra - ek kon dit nie voel as ek my nekroom in die aande insmeer nie ook nie as ek my dagroom in die oggende aansmeer nie ek het mos sulke amper onsigbare muistepeltjies wat deesdae oral groei en bowendien is 'n nekvel - wel 'n nekvel! en nee arme maanman kon ook nie sien nie hy sien nog slegter as ek...
My Moeilikheid in Drie Dele met My Liewe Kokkeninnetjie... Deel 3
Maan 30 Aug 2010, 18:56 22 Kommentaar Rapporteer MisbruikHierdie gaan net sin maak as jy die vorige twee poste lees. Moet asb nie die onderste stukkie lees voordat jy nie hierdies, in volgorde gelees het nie.
(En ja, Kammakazi, dit was inderdaagd 'n groot ka...perjollespul, maar nie die soort wat arme oom Kokkie veroorsaak het nie...) So lees asseblief eers:
My Moeilikheid in Drie Dele met My Liewe Kokkeninnetjie... Deel 1
My Moeilikheid in Drie Dele met My Liewe Kokkeninnetjie... Deel 2
Aangesien ons oorsee sou wees teen die tyd dat Deel 3 moes verskyn, het ek met die koerantman gereël dat hy Deel 3 sal plaas, nádat X (die persoon wat by 'n plaaslike openbare plek werk) hom gekontak het met besonderhede, maar dat die berig soos volg moet lees, met die besonderhede wat X sal verskaf met naam, nommer, tyd en plek:
As jy graag vir Kokkie of Kokkenin wil ontmoet, moet nie langer wag nie. Skakel dadelik vir Y (die naam wat X sou verskaf) by 0831234567 (die nommer wat X sou verskaf), wat 'n byeenkoms sal reël om al die enkellopendes wat eensaam of alleen is, bymekaar te bring.
Koerantman was baie entoesiasties van die begin af, maar wat verkeerd gegaan het toe hy die berig moes plaas weet ek nie, maar wat toe verskyn, is:
As jy graag vir Kokkie of Kokkenin wil ontmoet, moet nie langer wag nie. Skakel dadelik vir X By die *** by nommer 1234567. (*** 'n Openbare plek wat befonds word deur die Munisipaliteit, met hulle nommer)
Die Munispale bestuurder het glo amper 'n hartaanval gekry, dat X nou die Openbare Plek as dating club gebruik, die Burgemeester is in kennis gestel en die mense is amptelik ingeroep enhet waarskuwings gekry. Niks wat ek kon sê of doen het hulle oortuig ek het nie kwade bedoelings gehad nie, en dit het maande gevat voordat ek nie meer met ysige hooghartigheid behandel is nie.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: so kan dinge lekker skeefloop sonder enige kwaadwillige bedoelings van enige persoon en die mense in die openbare plek se lippe trek steeds dun daaroor al is dit nou al 5 jaar gelede... en koerantman kon glad nie verstaan wat hy dan nou verkeerd gedoen het nie...
My Moeilikheid in Drie Dele met My Liewe Kokkeninnetjie... Deel 2
Maan 30 Aug 2010, 13:53 6 Kommentaar Rapporteer MisbruikDis belangrik om eers my Vorige Pos te lees, anders gaan hierdie een nie sin maak nie.
Die volgende week het Deel 2 in die koerant verskyn.
Liewe oom Kokkie
Oom Kokkie, toe ek jou briefie in verlede week se koerant gelees het, toe wonder ek of jy die omie is wat laat middae met jou hondjie op die strand loop. Dan sal oom weet wie ek is, die jong vrou met die lang swart hare wat na werk kom swem. Die vrou wie altyd vriendelik jou groet beantwoord, en vir jou hondjie se blaf skrik. Die vrou wat eensaam is, én alleen.
Mense vra my altyd hoe dit dan is dat ek nog alleen is, want ek is dan nou kastig so ? mooi vrou. Dis net dat ek regtig nog niemand ontmoet het met wie ek my lewe wil deel nie. Ek jol nie saam met die ander jong mense van die dorp nie, ek drink nie saam nie, dan klink hulle praatjies vir my laf na ? ruk en geniet ek dit nie. My ma het altyd gesê ek is te ernstig, maar dis nou maar hoe ek is.
Oom praat van As it is in Heaven, dit is juis toe ek daardie fliek gaan kyk het wat ek besef het hoe lekker dit sou wees om die fliek agterna met iemand te kon bespreek. Ek gaan nie graag alleen fliek nie, maar daardie een móés ek sien.
Oom Kokkie, ek weet nie of jy besig is om weer vrou te soek nie, maar ek soek definitief nie man nie. Ek soek iemand om saam met my te gaan fliek, of sommer net my vriend kan wees.
Ek sien juis Atonement wys, en ook Kite Runner. Ek het die boeke gelees, maar sou graag die flieks ook wil sien, en dan met iemand bespreek.
Hoe lyk dit oom, dalk kan Kokkie en Kokkenin maats word?
Kokkenin
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: die moeilikheid is nou op pad as jy gedink het kokkie en kokkenin het toe maats geword moet jy maar wag vir deel 3...
My moeilikheid in Drie Dele met My Liewe Kokkeninnetjie... (Dankie Kammakazi vir die herinner!)
Maan 30 Aug 2010, 11:48 24 Kommentaar Rapporteer MisbruikSo 'n jaar of drie gelede vra iemand wat by 'n plaaslike openbare plek werk mos my hulp om op 'n lekker manier 'n klub vir enkellopendes aan die gang te kry sonder dat dit soos 'n mansoek-ding klink. Na beraadslaging met die plaaslike koerantjie se redakteur, plaas ek toe Week 1 die volgende brief:
My Liewe Kokkeninnetjie
My liewe Kokkeninnetjie, die selfmoordseisoen is verby. Nee, nee, dis nie ek wat wil selfmoord pleeg nie, ek lees maar net in die koerante hoe hulle altyd oor die Kersfeestyd skryf as die selfmoordseisoen. Dis nou oor daar soveel mense wat alleen is, sien.
Ander mense skryf oor hulle kleinkinders wat kom kuier vir Kersfees, maar wat het ek om oor te skryf? Oor my hondjie wat my geselskap hou? Oor die kinders wat my nooit beskore was nie? Of oor oorle Martha wat altyd gesê het ek moet gou weer trou as sy eerste gaan?
Ek sien maar net hoe stap almal verby met hulle kinders en kleinkinders as ek daar op die bankie by die strand sit. Dan sit ek en wonder maar oor almal se lewens. Ek kyk hoe stap mense van my jare verby, man en vrou bymekaar, en ek sien kinders met hulle hande op mekaar se lywe. Is dit makliker vir alleenloper vroue, wonder ek in my enigheid, as ek sien hoe twee vriendinne gereeld saam stap. Of was ek maar net gewoond aan my maat van soveel jaar?
Sondae skuif ek alleen by die kerkbank in en dan dink ek hoe ek en Martha altyd die diens agterna bespreek het.
Ek lees hoe almal praat van die fliek, As it is in Heaven, en dan dink ek hoe ek nou nooit meer gaan fliek nie. Martha was die een wat die resensies gelees het en my week na week in die kar geboender het fliek toe. Ek weer was die een wat agter die musiekkonserte aan wou ry, maar sy het getrou saam gegaan, al het sy dit nie so geniet soos ek nie.
Die winter is ook weer aan die kom, wat die aande lank is. Veral as dit so lekker stuifreën. Sulke aande het Martha altyd gesorg vir 'n pot sop, en dan het ons voor die kaggel gesit en lees.
Die bure bedoel so goed as hulle my soms op 'n Sondag oorvra om te kom saam eet. Die kos is lekker, en die geselskap goed, maar na ete gaan ek weer huis toe. Alleen.
Kokkenin, ek skryf hierdie brief op my nuwe rekenaar, want ek glo dis goed om besig te bly en nuwe dinge aan te leer. Volgende wat ek wil doen, is om internet te kry, lyk my niemand kan deesdae meer daarsonder nie. Dalk leer ek daar of jy werklik bestaan.
Ek is alléén Kokkenin, nie eensaam nie, maar alleen. Dan sing ek maar vir myself: My liewe Kokkeninnetjie, my liewe kleine dingetjie, almal het maats, net ekke nie…
Oom Kokkie
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: dankie kammakazi vir hierdie "my liewe kokkenennetjie" is 'n tradisionele suid- afrikaanse volksliedjie wat ook in die fak opgeneem is en verwerk is deur pierre malan
Vir die wat dalk nie hierdie blogger volg nie...
Maan 30 Aug 2010, 10:48 5 Kommentaar Rapporteer MisbruikGaan kyk, dis 'n baie verrykende ervaring om Moeder Raaf se skrywes te lees.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: maar moeder raaf jy moet darem ook meer hier uithang dat die mense jou kan leer ken! hier is baie diamante in die stof!
Wat sou julle doen?
Son 29 Aug 2010, 19:58 36 Kommentaar Rapporteer MisbruikHelp my hier asb! Ek sit met 'n ding en ek weet nie wat om te doen nie. As jy weet iemand gaan jou voorstel waar 'n nuwe bestuur gekies moet word, en jy wil dit nie doen nie, hoe op aarde hanteer mens dit om te sê jy is nie verkiesbaar nie?
1 Ek kan een van twee dinge doen, vooraf in die huidige voorsitter se oor fluister dat ek nie verkiesbaar is nie, of
2 Wag dat hulle voorstel en dan sê nee, ek wil nie.
Opsie 1 klink darem te windgat, maar opsie 2 het my verlede jaar en die vorige jaar erg verleë gelaat, want dan gee dit half 'n situasie af waar hulle dink dis valse beskeidenheid en ek wil hê hulle moet my alie lek.
Die feit is, dis 'n gevestigde besigheid, waar dinge Nog-Altyd-So-Gedoen is, en solank die meeste van daardie mense betrokke is, wil hulle dit so gedoen hê. En ek wil nie.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: julle moet vinnig help ek is mos nie meer deel van die corporate world dat ek weet hoe word dinge gedoen nie en die vergadering is more so daar is nie meer tyd vir speel nie
Ek gaan julle mis!
Son 29 Aug 2010, 08:24 19 Kommentaar Rapporteer MisbruikEn ek weet nie hoe ek dit gaan maak sonder julle nie.... :-( My hart is seer. Die goeie nuus is dat dit vandag om 17:00 oor en verby gaan wees!
Ons het vandag heeldag 'n geskeduleerde kragonderbreking, vir noodsaaklike instandhouding. Overstrand Munisipaliteit is tops, hulle kyk na ons goed!
So hier is 'n heerlike dag van koffie en koerante (ons het darem 'n gasstofie) en op die bank lê en lees. En voete in die seesand sit en so. En dalk bietjie die kuswandelpad stap as ek MaanMan alleen kan los.
Wat doen julle vandag? En wat doen jy as die krag af is?
(En moenie dat Ouboet hoor nie want hy sê ek moenie so oor my siektes en pyne aangaan nie, MaanMan is siek en slaap darem nou bietjie, hy het voedselvergiftiging, dink dis die koue vleis wat hy gister geëet het. Heelnag sy longe uit gekots.)
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: dioen jy ook sulke stupid goed soos ek? as ek nie kan radio luister nie wil ek 'n cd opsit of ek wonder of ek my naaimasjien kan gebruik ek sit aanmekaar ligte aan as ek nie die stoof kan gebruik nie dink ek dadelik aan die mikrogolf doen julle dieselfde of is dit net ek?
Oor mooi goed en kuns
Sat 28 Aug 2010, 12:19 35 Kommentaar Rapporteer MisbruikOuboet sê ek moenie oor my arme siek gepynigde lyf skryf nie, ek moet oor mooi goed skryf. En wat is mooier as kuns? Maar wat is kuns? Ek volg die afgelope paar weke die debat juis hieroor tussen Martiens van Bart en Elsa Lamb in die By. (Ek skaar my by Martiens). En ek hou van die siening van verlede week wat gesê het, bied bietjie 'n Irma Stern aan as 'n Trisa Hugo aan en kyk hoeveel dit haal op 'n veiling. Ek wonders soms of so 'n werk aanvaar sal word by 'n kunsgalery.
Waar staan jy in hierdie debat? Wat is kuns?
Neale Donald Walsch sê ook: On this day of your life, dear friend, I believe God wants you to know...
...that art begs you to notice it.
Why? Because art is God's way of saying hello.
So pay attention to poetry. Pay attention to music. Pay attention to paintings and sculptures and photo exhibits and ballets and plays. Don't let all this go unnoticed.
Your world is shouting out to you, revealing something intrinsically glorious about itself. Listen carefully. Love art, the way art loves Life.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: wat is kuns? sê jy my want self nie eers die kenners kan ooreenkom nie... vir my is kuns bloot dit wat baie subjektief vir my mooi is
Waar is jou storie van jou eerste dag in Graad 1?
Sat 28 Aug 2010, 09:24 25 Kommentaar Rapporteer MisbruikAg dis so lekker om te lees van wat julle onthou van toe julle klein was! So waar is jou storie van jou eerste dag in Graad 1?
Op 'n ander noot: Ek is ERG geïrriteerd. ERG. Die antibiotika wat ek gekry het vir middeloorinfeksie, word gegee vir:
|
Infection, ear, middle |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Infection, lower respiratory tract |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Infection, sinus |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Infection, skin and skin structure |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Infection, upper respiratory tract |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Infection, urinary tract
Die Side Effects, waarvan ek 'n hele paar kan aftick, is:
Maar hulle sê niks van nagmerries nie! |
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: ek het die allerverskriklikste nagmerries gehad hierdie week. nog net vandag! genugtig dis erg om op hierdie manier gesond te moet word! dankie dankie dankie vir goeie gesondheid dat ek byna nooit hoef pille te drink nie my lyf soek nie chemiese goed nie
Naweek speletjie - Onthou jy jou eerste skooldag?
Vry 27 Aug 2010, 17:14 27 Kommentaar Rapporteer MisbruikOns het vreeslik beskermd grootgeword, Christelik-Nasionaal-Calvinistiese plaaslewe in die 1950's was mos maar so. Van die lewe het ons maar min geweet, kinders is immers gesien en nie gehoor nie. Dinge soos bv egskeiding is omtrent nie by die naam genoem nie, en wat ons van 'grootmenssake' geweet het, het ons afgeluister.
Nietemin, toe ek op 5 skool toe is, wou ek die eerste dag opsluit met die rammelrige ou rondeneus skoolbus gaan wat ons in die grootpad oplaai, want ek hét al bus gery en het geweet hoe. (Die vorige jaar kon elke skoolkind die dag wat die skool sluit, 'n klein boetie of sussie saamneem, en so het ek wêreldwys geword oor busry.) My ma het instruksies gekry om nie te tjank as sy my inskryf nie, en ek is met die bus weg. In die klas was ek oorgehaal, waar is die boeke? Ek was bitter ontsteld toe net klei uitgedeel is. Die eerste pouse het 'n groot meisie, Carolina kom vra haar nefie Carel vra die kys. Ek het absoluut géén idee gehad waarvan sy praat nie en was bloot stomgeslaan. Watter kys? Sy sê toe, Makie sakie, sê net ja...
Toe Coenie later kom vra, ek vra die kys, het ek met groot selfvertroue gesê, Ja. Ek het mos nou geweet wat om te doen.
My ma lag nou nog oor Coenie en Carel mekaar bloedneus geslaan het tweede pouse, om uit te sorteer wie nou eintlik met wie gekys is.
(Foto geneem in my Gr 1 jaar)
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: die haarstyl is te wyte aan my haarkapper-haarkapper spelery die groot strikke agter was sorgvuldig gekies om by ons rokkies te pas
Jy weet dis lente in die Kaap as...
Vry 27 Aug 2010, 12:03 21 Kommentaar Rapporteer Misbruik... as jy 'n armvol speldekussings vir R1 elk kan koop. En jy die see skerp kan ruik vanwaar jy sit en tik. En 'n walvis hoor blaas.
Voltooi nou die sin: Jy weet dis lente in *** as...
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: en mag ek net noem oor my vorige vorige pos dit was toe die regte ding wat gebeur het die belangrike dokument is pas by my rooi voordeur afgelewer die een en ander het ek gekry sommer by die apteek drie blokke hiervandaan ek het 'n lang telefoonkuier in met die sekere persoon en die brownies was niks teen gisteraand se spread nie...
Ek was al baie dinge, maar van vandag af is ek ook 'n Sassy Speaker!
Dond 26 Aug 2010, 21:23 11 Kommentaar Rapporteer MisbruikBoonop het ek die trofee om dit te bewys!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Volg jy jou intuïsie? Dit werk vir my - Elke keer. Wel, ámper elke keer...
Dond 26 Aug 2010, 16:02 12 Kommentaar Rapporteer MisbruikEn net daar dop ek my eie toets! My woorde van gister was skaars koud, toe volg ek nié my intuïsie nie, en dit beteken bloot ons moet more weer doen, presies wat ons vandag gedoen het. Ons moes Hermanus toe gaan om 'n belangrike dokument te laat teken, en terselfdertyd die een en ander kry. Dan wou ek graag 'n sekere persoon sien (sy is altyd tuis, en verwelkom onverwagse besoeke - sy is oud, alleen en misverstaan deur meeste mense). Verder het ek 2 koffies en koek gewen op ons plaaslike radiostasie by The Beanery en ons is juis lus vir hulle brownies.
Beide MaanMan en ek het beplan om more die dinge te doen, maar nee, ons bedeneer toe met ons koppe dat vandag dalk beter sal wees. Heeltyd is daar die stemmetjie wat sê, Los, dis beter Vrydag. Maar teoreties klink alles net reg vir vandag. Boonop is dit mooi, sonnig en windstil en gaan dit more reën. So is ons toe hier weg
1 Die man wat die dokument moet teken moes dringend êrens heen
2 Die winkel waar ek die een en ander wou kry, was moeilik bereikbaar agv padwerke, en slimsus het vanoggend skeefgetrap toe sy te haastig van die trappe afgekom het en kon dus nie te ver stap nie.
3 Die sekere persoon is altyd tuis, maar nie vanoggend nie.
4 The Beanery was so vol, daar was nie sitplek nie
MaanKind, practice what you preach!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: daardie stemmetjie praat nie verniet met jou nie - luister maar gerus!
Volg jy jou intuïsie? Dit werk vir my - Elke keer
Woen 25 Aug 2010, 18:51 37 Kommentaar Rapporteer MisbruikDeesdae bekommer ek my glad nie meer oor wat ander doen nie, reg of verkeerd. Voorheen het ek vreeslik upset geraak oor ongeregtighede, of as ander mense dinge doen wat ander benadeel. Soms dop ek nog my eie toets, maar dit word makliker. Dis nie vir my om te sê nie.
Every guilty person is his own hangman.
Lucius Annaeus Seneca
Gee hom net genoeg kans, en hy hang homself.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: karma is 'n beeetch intensie is alles en elke keer voor ek iets doen vra ek myself 'n eenvoudige vragie - does this serve your highest self? is hierdie optrede in ooreenstemming met die mens wie ek is en kan wees?
Woon ek op 'n ander planeet?
Woen 25 Aug 2010, 12:46 43 Kommentaar Rapporteer MisbruikWaddehel is INDIE? En hoe spreek mens dit uit? En waar, wat en hoe?
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: nee o mapstieks! iewers is ek besig om tred te verloor help my uit hier mense dis waarvoor ek blog en ek is boonop nie skaam om te vra nie
Comfort food en comfort kledingstukke
Woen 25 Aug 2010, 10:43 21 Kommentaar Rapporteer MisbruikSoms het mens mos comfort nodig. Soos vandag. Niks is goed genoeg om aan my lyf te trek nie. Alles knyp of trek of as dit nog gemaklik is, moet ek oppas by die trap om my skirtse raak te trap. Amper soos 'n bad hair day. Net met klere. Maar kyk net waarop kom ek mos Maandag af toe ek my klerekas bietjie uitgooi. Een van die jare 80 se sweetpakke wat ek nog altyd bêre, vir in geval. (Ek weet nie in geval van wat nie, net in geval. Miskien help om die huis weer oranje te verf of so iets, hy het sleg verbleik aan die een kant - ander batch verf)
En danksy Modderkoekie het ek ook chippies gehad. Vir die keel.
Wat is jou comfort kledingstuk? En wanneer dra jy dit?
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: fotograaf: trisa hugo stylist: trisa hugo kamera: sommer die selfoon so die besondere pos met die hang-arm is om die besondere kledingstuk te beste te vertoon.... en met die regter hand die foto te neem...
Babes en MaanMan se hart
Dins 24 Aug 2010, 15:40 24 Kommentaar Rapporteer MisbruikNou een dag kyk ek MaanMan so, en sy lippe is grys. Sommer so blou-grys... Hy is maar blekerig van gelaat, en ons het al 'n skrik weg met sy MaanHart. (Vra vir Moeder Raaf, sy moes hom op die vloer lawe) Ek gryp dadelik na sy pols en toe skrik ek my éérs in 'n bewerasie in - sy vingerpunte is ook so grys-blou.
MK (Besorg): Kom lê bietjie.
MM (Skuldige gesig): Nee wat, hoekom?
MK: Jou Kleur is nie lekker nie. Voel jy sleg?
MM: Nee, ek makeer niks...
MK (Ontevrede): Jy weet wat het laas gebeur toe jy niks makeer het nie...
MM: Wat bedoel jy, my kleur... (Sien sy hand)
MM: Oeps... (Eintlik het hy gesê, O fok!)
MK: Ekskuus?!?
MM: Ag MaanVrou, ek was by Babes aan...
MK: Ekskuus?!? En wie. Is. Babes.
MM: Jy weet mos, Babes se Winkel... Haar niekerbols het so lekker gelyk...
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: moenie dink maanman word gesnoep dat hy skelm hoef te eet nie maar te veel swieties is sleg vir hom!
Gebruikersprofiel
MaanKind
was lanklaas met haar voete in die seewater...
| Geslag: | Female |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Caledon | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Kentekens
- DIe Siel van die M...2010/09/02 03:35:46 nm
- Deel 2 van my Besl...2010/09/02 12:06:35 nm
- My beslissende oom...2010/09/01 07:23:51 nm
- Aan al my ou vrien...2010/08/31 10:33:55
- My Moeilikheid in ...2010/08/30 06:56:13 nm
Blog-rol
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 16 intekenaar(s)
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 94909 |
| Kommentaar: | 19518 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |


