‘n Woensdagoggend Moord

Julie 25, 2012 in Sonder kategorie

1

 

‘n Half-gerookte twak plak onder sy stewel vas. Die klank van gruis weergalm in die vroegoggend donker-stil soos die gloeiende stompie ‘n nare dood sterf. Dik, wit bolle rook borrel uit sy mond en neusgate. ‘n Soet geur van pruime en vinielje vul sy mond. Sy lippe tuit om ‘n fles en ‘n koue vuur vloei af in sy keel. Stil is die kopseer soos sy maag vlam vat.

‘n Duif koer en verklap sy tuiste. Laag in ‘n tak en opgepof teen die koue, skud hy homself reg vir nog so paar minute se uiltjie knip. Die stad is ‘n besige plek om rond te pik vir kos. Die stad is ook ‘n vuil en gevaarlike plek om rond te pik vir kos. Hy weet self.

Star, staar hy die donker diepte in en wag. Gedienstig, gedweë. Vanoggend is stil, geen briesie wat eens ‘n blaar laat ritsel nie. Selfs die paaie is dood. Niemand. Dit pas hom so, stil, donker met net homself en sy ysige gedagtes wat die oggend-paaie vervuil. Iets wat hy weet is, iemand gaan dit berou.

 

‘n Rooi lig verskyn en ‘n motor tru uit een van die huise. Helder ligte draai in sy rigting en hy verdwyn vinnig agter ‘n Jakaranda. Stil, hou hy sy asem op om die wasem te keer en hy kyk hoe die persoon verby ry, onbewus van hom. Hy sal nooit weet hy was daar nie. Hy sal tien-teen-een nie eens weet wat gebeur het nie. Mense is tog so in hul eie wêreld vasvegang. ‘n Duur les om te leer as jy uitvind jy is nie alleen nie.

 

Dit is 04:15. Tyd stap aan.

 

2

 

Anna lees pligsgetrou die boodskappe wat flikker op die alarm se sleutelbord.

Sy glimlag half en haar gedagtes dwaal. Soos ‘n rolbos-romtomtalie sien sy Wikus se spierwit glimlag. ‘n Glasie droeë wit wyn klingel teen sy glas en hulle altwee lag. Regte lag, soos daardie wat vanuit jou maag kom; jou hart laat hop en jou oë vol trane laat. Daardie opregte oomblikke wat jou wil laat huil van blydskap bloot omdat jou lewe so gemors geword het en elke dag ‘n emosionele worsteling is. ‘n Stukkie geluk. Wikus se blou oë glinster soos hy sèlf die trane moet keer. Ysblou oë wat jou vinnig laat wegkyk want jy voel hoe jou gesig opvlam en alles in jou inmekaar sak. Oë sag, wat deur jou kyk en jou laat steier. Hy is ‘n lang, sportiewe man. Laat dertigs met ‘n vel van goud. Donker hare wat blink in die kroeg se warm lig. Sterk hande maar sag, skoon. Netjies geklee in ‘n donker denim; wit T-Hemp; ‘n Bruin Cardigan en ligbruin, toeryg skoene. Sy kurwes laat haar senuweeagtig en sy kyk vinnig na die tyd. Kan hierdie aand nie net nog ‘n bietjie langer wees nie.

 

Die “Bleep” laat haar skrik en sy besef sy moes al gery het. Sone 4 flikker oop. ‘Ag hel.’ Met duidelike frustrasie vir haar eie misnoeë. ‘Wakker word Anna.’ Praat sy met haarself soos sy die trappe klim. Sy is op die boonste vloer en net die gang se flou ligte verlig die kamer. Sone 4 is die balkondeur. ‘Nou hoe die..?’ Sonder om tweekeer te dink – druk sy hom toe, sluit en draai terug, gisteraand was sy nie heeltemal nugter nie sy moet erken. Paar glasies wyn en die beste geselskap in jare het sy tol geëis. Haar kop draai nou nog as sy aan Wikus se oë dink. Sy glimlag weer.

Af met die trappe loop sy versigtig. Haar Chalany’s is die laaste paar hakskoene wat sy die trappe mee af wil rol. Opgetof in swart Chalany hoë hakke; Swart sykouse van “Secrets in Lace”; ‘n deftige potloodromp; wit satyn bloes en gepaste swart onderbaadjie. ‘n Sagte oorjas teen die koue, net vir ingeval sy moet stop by ‘n vulstasie. Haar grimering het haar ‘n goeie uur geneem. Sy moes haar beste gee. Wikus is ook in dieselfde gebou en wel, sy wil haar beste lyk. Miskien diè keer sal sy hom nader en soen. Net miskien.

 

Hy was bedag. Selfs saam met haar tot by die deur geloop. ‘Dankie vir die aand. Dit was besonders Anna, jy is besonders.’ Haar oë glinster, haar hande klam. Haar hart klop so hard sy is seker hy kan dit hoor. Hy kan, dink sy. ‘Dankie vir jou Wikus, ek weet nie wanneer laas ek soveel pret gehad het nie. Jy het my regtig verras.’ Sy huiwer.

‘My plesier. Wel, dan is dit totsiens.’ Sy oë vra iets, sy weet dit. Hy leun half vorentoe en die oomblik is te groot. Sy lippe is sag en roep na haar, maar sy moet huiwer. Dit is veels te vroeg. Sy wil – maar die pyn van verwerping is te veel.

‘Ongelukkig ja. Totsiens Wikus.’ Sy steek haar regterhand uit as troos, hy lyk half verstar maar oombliklik vat hy haar hand. Hy verstaan. Hy is die een wat verstaan.

‘Nou toe, gaan klim in die bed en lekker slaap, weereens dankie.’ Sy stem streel sag oor haar en sy wens hom ‘n lekker aand toe.

 

Sy wens sy het hom gesoen.

 

3

 

04:20

 

Uit in die onderste portaal, links deur die kombuis na die agterdeur wat direk uit na die motorhuis toe beweeg. Sy staar weer na die flikkerende paneel en wag totdat al die sones toe is. Die huis is stil en alleen. Sy weet. ‘Ek is laat, kom nou.’ Sê sy in die stilte.

System Ready” sy skrik half en begin die vier-kode wagwoord intik. “Bleep” Sone 2 verskyn op die skerm. Voor sy kon huiwer, flikker die stelsel weer “System Ready”. ‘Regtig?’ vra sy die skerm. Weereens voor sy die derde sleutel kon druk, “Bleep” Sone 2.

 

4

 

Dit is weer stil. Meeste mense hier rond slaap nog snoesig. Al het hulle nie, wie gee om? Hy doen nie. Niemand sal eers weet wat gebeur het nie, meeste sal eers jare hierna uitvind. Want niemand gee werklik om nie. Dit is wat dit soveel pret maak. Soveel, makliker. Niemand gee om nie.

Rustig stap hy oor die pad en sy stewels is geruisloos. Sagte rubber is ‘n moet as jy slinks in huise wil glip. Hy sal weet, die is nie sy eerste keer nie.

Diè een is maklik, sy is voorspelbaar. Elke oggend 04:25 gly die motor uit na Sandton. Elke middag 18:00 is hy weer terug in die motorhuis. Klassieke musiek streel dan die agtergrond en sy is vinnig in die stort. Ligte etes volg, dan, normale akitwiteite. Lees iets, loer op die internet. Teug aan ‘n glas wyn. Die gewone enkelvrou-sindroom. Leef in hul eie droomwêreld. Haar droomwêreld.

Hy het haar lankal in sy visier. Die een is net meer spesiaal. Iets meer as net ‘n stukkie wat hy wil geniet. Hulle het hoeka die vorige aand ‘n paar glasies geklink. Te oulik vir woorde.

Sy het hom geweier, hom soos ‘n hond weggestoot. Teef.

 

Die heining is laag, groot fout. Haar tuin is netjies uitgelê, niks tierlantyntjies nie. Gras en plaveisel wat as voetpad om die huis dien. ‘n Kleurryke rangskikking geskik vir die winter. Alyssums, Dianthus, Gazanias, en ‘n gunsteling, Petunias verf die ligte groen agtergrond ‘n pragtige prentjie.

Geruisloos sluip hy regs om, daar waar haar balkon is. Hy weet sy het ‘n alarm en geen ander nonsens nie. Die staalhek bo wat die houtdeur beskerm is stukkend. Wys jou hoe vertroulik hy kan wees. Sy het hom alles vertel. Alles, elke fyn detail. Dit is donker – maar hy kan sien. Hy seil op tot bo sonder om ‘n geluid te maak. Oor die reelings tot voor die deur. Sy hart is op gemak, koulik glimlag hy. Hy weet wat hy doen, sonder skroom trek hy die staalhek oop. Sy ou hand, vroetel rond met ‘n maakpas sleutel. Net toe die sensor in die slaapkamer afgaan, “Klik” sluit hy die deur oop. Hy is in, maar los die deur effe oop net om te verseker sy kom terug. So klein verassing vir haar.

 

5

 

‘Wakker word Anna.’ Hoor hy haar soos sy die trappe op stap. Hy staar haar aandagtig aan vanuit die badkamer toe sy half verward voor die houtdeur stop, ‘Nou hoe die..?’ Sy sluit en stap onwetend terug af met die trappe. Sy lyk asemrowend, selfs in diè flou lig. Die skoene, die bene. Anna is ‘n pragstuk. Kort, fyn vrou met vol borste. Lang bruin hare en donker oë. Haar kurwes maak hom mal. Haar reukweerder tref hom in die krop en hy voel die honger grom.

Hy volg haar af teen die trappe en gaan staan doodstil in die sitkamer. Hy gewaar een infrarooi sensor in die hoek net bokant die gordyne. In die donker is daar ‘n ligte sitkamerstel, geen koffietafel. ‘n Klein kas met ‘n hoëtroustel in plaas van ‘n Televisie. Vars blomme op ‘n hoektafel en ‘n dik mat. Klavier. Netjies dink hy. Sal sorg dat dit so bly, of net probeer.

Hy hoor haar die sisteem aanmoedig. Eerste knoppie, tweede knoppie. Vinnig beweeg hy sy arms en staan weer stil. “Bleep” en so oomblik later. “System Ready”. ‘Regtig?’ vra sy. Hy wil skater van die lag maar hou hom in. Vrees in ander is sy forte. Sy begin weer die wagwoord in sleutel. Eerste knoppie, tweede knoppie. Weereens swaai hy sy arms. Hy weet sy gaan kom inloer by hom. Hy ruk homself reg.

 

‘Komaan, wat gaan nou aan?’ Frustreerd, sit sy die kombuis lig aan en stap hard uit sitkamer se kant toe. Sone 2.

Vlugtig, voor sy hom gewaar sluip hy regs uit in die gang. Die sitkamer het twee ingange, een vanuit die gang en die ander ‘n entjie af tot in die kombuis. Hy skiet soos ‘n koeël uit na die kombuis soos sy dieper die sitkamer in gaan om inspeksie te doen.

Hy laat sy arms langs sy lyf insak. ‘Kom Anna, pappa is honger.’ Fluister hy.

Anna kyk rond opsoek na enige teken van ‘n oop venster. Die gordyne hang doodstil. So half teleurgesteld stap sy terug kombuis toe.

 

Haar voetstappe weergalm oppad kombuis toe. Sy hartklop nog stil, geen verandering nie. Geen toon dat hy senuweeagtig is nie. Net koud.

 

6

 

Sy skrik groot, maar skree nie. Sy is verward, heel verward en stotter aan haar woorde. ‘Ww.. W. Wikus? Wat. Wat die. Wat maak jy hier?’ Haar keel droog op, haar mond trek toe. Haar hart klim uit haar bors en sy weet iets is nie reg nie.

‘W. W. Wat Anna, jou vokken soetsappige mond vol kots, of het jou tong geknoop? Verras sien ek. Dit is so mooi as julle skrik, verward daar staan en stotter.’ Hy besef sy gaan enige oomblik of skree, of probeer wegkom. Maar hy weet dit, hy verwag ‘n goeie teenstand. Dit maak hom mal.

‘Wikus, jy’s dronk, kan ons. Kan ons net hieroor praat.’ Sy moet uit. Sy moet hier uit en vinnig. Skree gaan nie help nie. Hardloop Anna, hardloop!

‘Dronk? Nee Anna, seergemaak. Baie seer. Al wat ek wou hê is jou, jou warm teen my. Jou verstaan. Net ‘n bietjie in jou wees Anna. Is dit so moeilik?’ Vra hy met ‘n glimlag. Hy lyk wreedaardig met sy koue, blou oë wat deur haar staar. Sy kan sien hy is besope.

‘Hardloop Anna, hardloop!’ fluister hy, die stilte laat sy fluister weergalm en Anna raak lam van vrees.

Sy vlieg om en hardloop die sitkamer in, links om in die gang. ‘n Chalany aan haar linkervoet gee mee en die dun hak breek morsaf. Haar voet swik en die steier laat haar momentum verloor. Wikus is vinnig, en voor sy die trappe kon haal is hy op haar. Sy skree maar hy is sterk en gryp haar hare – trek haar kop terug en slaan haar gesig-eerste in die teelvloer vas. Die klap geluid laat haar ore sing en sy voel warm teen haar gesig afloop. Daar is geen pyn nie, die adrenalien sluit alles uit. Sy is deurmekaar. Hy gryp haar nek vas en mis ‘n kans. Sy spartel en skop en draai in die gespartel om. Haar hande swaai woes en tref hom in die gesig. ‘n Lang, rooi sny strek van net onder sy oog tot bo sy lip en bloed begin stadig vloei. Wikus se sterk regter gryp altwee haar arms vas. Sy wil skree, maar hy strek sy linkerhand om haar keel en sy hoor hoe die leerhandskoen kraak soos hy harder druk. Sy roggel en voel siek. Sy snak na haar asem en voel hoe haar oë wil ontplof soos die drukking meer word. Haar kop klop en duiseligheid groet haar vanuit die gang. Hy lag, en voor sy haar bewyssyn verloor los hy haar. Donkerrooi merke strek oor haar nek. Hy wieg vorentoe en agtertoe en lag kliphard.

‘Anna, Anna!’ Mok hy terwyl sy verstik aan ‘n amper vergruisde larinks. ‘n Leerhandskoen gevul met kneukels tref haar hard teen die oogbank en sy kreun, sy kan nie skree nie want hy sit op haar bors. Hy is swaar. Nog ‘n vuis. Toe nog een. Sy kreun van die pyn en haar arms is moeg gestry teen sy houvas. Wikus voel haar meegee en los. Twee hande, gryp hy haar gesig vas en byt haar oor af. Sy voel die skokkende steek deur haar kop en verloor bewussyn.

 

Wikus voel trots soos die stilte nog heers. Vier minute van pret het hom uitgeput en dit voel asof hy die hele dag besig is met haar. Hy staan langs haar en besigtig sy handewerk. Haar bloes is in flarde. Hy het netjies haar bra losgemaak en langs haar neergesit. Net die een bors steek uit en haar tepel is hard. Stywe, vol borste. Dit moet plastiek wees, dink hy by homself. Hy voel hoe hy hard word en sy kop begin sing soos hy klaar voel hoe hy binne haar ingly. ‘Nee nee NEE!’ Sê hy. Sy het hom geweier, sy sal haar wat verbeel dat hy homself so laag sal laat daal. Sy het hom weggestoot. Verwag sy ‘n jammer? ‘n Lekker spyker om te wys hy is man genoeg? Met ‘n twee-pond hamer in sy hand hoor hy haar hard asemhaal.

Anna snik en sy ontwaak. Sy skrik groot en wil gil maar haar keel is aan die brand. Haar oë is skielik vol trane en Wikus staar doodstil na haar. ‘Wikus, asseblief Wikus.’ Sukkel sy met die woorde en huil.

‘Vok jou!’ Gil Wikus en ‘n hamer tref haar in in die middel van haar oë. ‘n Klapgeluid skok Wikus en voor hy verder kon dink, bring hy die twee-pond hamer in volle vaart weer af. Dit tref haar en hy hoor die skedel bars. Wikus skater en hou aan swaai. Hy vergruis haar kop. Hygend staan Wikus langs Anna se lyk en kyk die gedoente aan met ‘n haat in sy oë. Dit is stil. Die gang stink van harsing, bloed en sweet. Hy is uitasem en naar. Hy ruk vorentoe en braak. ‘Vok.’ Sê hy soos hy gly-gly deur die bloed op boontoe drentel.

 

06:33

 

 

7

 

 

Café 41 se brousel knus en ‘n geurige swart koffie verwelkom hom. ‘n Lekker plek om te rus en nuus te besigtig, net oorkant die Gautrain Stasie in Sandton is die sy tweede kantoor. Wikus teug rustig soos ‘n vurige joernalis op die toneel nuus lewer.

“Burns Straat, Colbyn in Pretoria is nogsteeds gesluit na afloop van ‘n brand. Die brand is vermoedelik met opset gestig nadat die verminkte lyk van ‘n jong vrou gevind is. Haar besonderhede sal eers bekend gemaak word sodra haar naasbestaandes in kennis gestel is. Die brand het plek-plek skade aangerig en was vermoedelik beplan om die moord toneel te vernietig, maar het nie daarin geslaag nie. Die slagoffer het moontlik haar aanvaller geken. Daar is geen teken van inbraak nie en sy is vermoedelik gedood met ‘n stomp voorwerp. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is op die toneel en nog geen verdere inligting is beskikbaar nie. Vera Nortjè, RSA Nuus, Pretoria.”

“Dankie, Vera en nou…”

 

“Nie geslaag nie…?” Dink hy terwyl hy rustig aan sy koffie drink. “Nie geslaag nie. Want dit is presies wat ek wou hê.” Dink hy verder. Hy kyk rustig voort en trek die koerant nader. Hy voel vars na die oggend se stort by Anna se huis. Sy klere is skoon en netjies. Die pak wat deurdrenk is met Anna se harsings en bloed is in as. Niks sal hiervan kom nie. Daarvan is hy te seker. Hy glimlag.

 

Mumford & Sons se “White Blank Page” speel sag in die agtergrond.

 

Sy iPhone flikker ‘n boodskap: “Mnr. Taljaard. Vriendelike herinnering aan die vergadering met Mnr. Motswaledi om 9:00 vm. Groete, Karliena.”

 

 

 

©

Fraseur

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

 

Ek stuur vir jou ‘n foto van ‘n enkel, vermoorde droom.

’n Sinnelose biduur, skaam woorde sonder skroom.

Ek stuur vir jou ‘n gedagte, van verlate vlaktes en sanik.

Hartseer en hunkerend, weemoedig en stikkend aan verdriet.

Ek stuur vir jou die kop van my verkragter.

Dit is niks minder as iets, maar meer as wat ek moes. Doelloos is dit, soos ek sit en peins oor die onheilige dinge wat my snoesig toedraai.

So, haal ek ook diep asem en hoop.

 

Pouco. Pelo. Mínimo.

 

Ek het hier in my sak, ‘n brokkie niks. ‘n Pakkie volslae boggerol met ‘n tiksel fop. ‘n Liegbek skinder sy kinderstories op die perabuis wat skitter aan’t flikker, in die preutse se sitkamer. Hoe beswadder hy die arme leke wat deeg-neus sit en kyk hoe Tannie Dik rondruk, skielik opspring en weghardloop. Vokken leuens. Met woorde soos, “Gom” “Kwaai” en “Raadop” donner hy voort en al wat sien. Glo.

 

Niks wat jy hoor en minder wat jy sien.

 

Soos die Onnie die klaskamer binnetree en swerkater stink van sigarette en boomklim, blink sy voorkop van die sweet. Een glips van ‘n onderlip en swerkater stuur hom ‘n middelvinger. Die hele gespuis sit en giggel.

So steier hy saans die huis binne, moeg gesuig aan die staat se leë tepel.

 

Bêbado.

 

Moker hy haar een teen die oor en los haar net daar in haar pis-bedekte gewaad. Hy struikel waansinnig deur die gang en val sy jongste aan met ‘n gillende Gunston, vierpotig soos die ondier wat mammas en pappas ons van vertel het, besef die kleine onskuld dat die dier ‘n gesig het – nes ek. Net soos jy.

Onnie is dood. Sy geliefde sterf saam. Niemand steur ‘n oomblik.

 

Saam sal ons hand-aan-hand na leë dop stap, daar waar die nar hop-skop-en-skud en sy boek van leuens verklap. Alleen sal jy ‘n gedagte verleen aan die niks – wat dit is.

 

Escuridão.

 

 

©

Penloos

Julie 11, 2012 in Sonder kategorie

Skryf vir my ‘n stukkie dagdroom

‘n stukkie liefde

smag

of net ‘n stukkie jy.

Skryf my ‘n stukkie hoop

hunkerend na tevrede maar

vergeet

my nie.

 

Stuur my ‘n woordjie

Goed

Soos soet katjiepiering

sag soos anys

Sing vir my ‘n deuntjie

van toeka se dae

sonder skaam

sonder vrae.

 

As jou lippe die tuit

in glaskas-genoeë

wens my sterkte toe

as die loodpil

die gang af gil.

 

Swaarmoed is my beste vriend.

 

 

©

FODA-SE

Julie 10, 2012 in Sonder kategorie

 

…foda-se tudo o que me odeiam.

 

 

Rooibruin sif spu oor die tafel waar ‘n Sabat die laaste maal bedien en ‘n Judas ontluik ‘n gegewe perd se wang. Sonder toestand byt ek my onderlip, verorber beide en snik ‘n middelvinger die hordes in.

Bees-oog, glas-derm, hond se kind. Vok.

Avonduur breek aan, en al wat op tafel bieg, loop strompel-dronk uit want nog net een messteek, en die wondere ontplof miskien.

 

Elke dronk woord verveeld met waarhede, druppend met leuens en allerlei. Harte gaan oop en sanik die streel, een vir jou en een vir my, drie keer diè en die Duiwel ontwaak.

Goedgesind maar tereg sal hy stel.

‘n Kruiserig, diè verklap sy soom en in sy mou steek hy ‘n aap weg. ‘n Komiese oomblik verklik hom en swaarmoed vul my longe, so simplistiek soos die lewe is, hoe venynig tog nie?

Hoe besonders die aand tog sou wees, as elkeen met ‘n kruis in hul oë kon sterf?

 

Maar wees bedag, wees beskeie, want die hoer wie sy voete loop was het, bly nog maar die hoer.

 

 

Met die donker Satyr

stil fluit in droom

mense en maan

Salig my Ooste wind

en sierlik bekwaam

My hart die hunker na ‘n beter

maar my siel

is leeg.

 

‘n Duister aand wind

teister my hoop

In nugter stotter ek dog aan

maar wees in vrees

wees peraat

As die alkohol-droom

jou dalk kom versmoor.

 

 

©

Bob Arson

Julie 5, 2012 in Sonder kategorie

Ek moes seker die hele ding plaas maar voel mens moet maar eerder self die tuiste gaan besoek.

Bob Arson gee ‘n goeie beskrywing van hoe om ‘n mens te slag om sodanig te gaar en te eet. Na afloop van die film “Cannibal” wat oor die ongure Armin Meiwes se ongewone eetlus gaan, is die nogals insiggewend.

http://www.churchofeuthanasia.org/e-sermons/butcher.html

Nietemin deel ek graag ‘n resep vir ‘n marinade wat Bob Arson ook deel.

Bob Arson’s White Devil Dinky-Dao Mothafucka Bobbacoo Sauce

 

Marinade/Baste/Dip/Bloody Leroy Mix

 

 

Ingredients:

1 8 oz. can tomato sauce
1 6 oz. can tomato paste
1 cup black coffee
3/4 cup beer (Killian’s Red preferred)
3/4 cup fruit juice (citrus: orange/pineapple/mango type)
2 tblsp. whiskey
1 tblsp. lemon juice
1 tblsp. worcestershire sauce
1 tblsp. vinegar (red wine garlic preferred)
3 cloves garlic. minced
3 jalepeno peppers, minced
1/4 large onion, minced 1/8 red, 1/8 white preferred)
2 1/2 tsp. liquid smoke
2 tblsp. brown sugar
1 tblsp. molasses
1 1/2 tblsp. crushed red pepper
1 cube beef bouillon
1 1/2 tsp. salt
1 1/2 tsp ground black pepper
1 1/2 tsp. paprika
1 1/2 tsp. cayenne pepper
3 dashes basil
3 dashes oregano
3 dashes savory
ashes of one fine thin joint

Deviant

Julie 3, 2012 in Sonder kategorie

A renegade, dreamless nuance wreathed with the overture of formalities, purveys my every move, I succumb to the slut she is – and as every muscle in me is taut, I vomit a thought of the incoherent truth.

 

The one truth, the only truth.

 

The stench of brutal mistakes made by man, suffocates my dreams.

Values are viral.

Everything is perfect, even a fuckup like me. With this in mind, I silence her screams with my cupped hand and waive the thought.

 

 

Knock-knock.

 

 

Perverted verses of virgins in flight, grotesquely dressed in Sodom’s veil of vile circles my nightmare and flesh upon flesh I tear at everything that moves. Yet for reasons beyond reasoning, you point your bony, godforsaken, fucking finger at me and with glee, you utter these words: “Vigilante, scorned son of dog. May you rot in the depths of this Hell. May your flesh be devoured by the worms of the dead, may you forever suffer at the hands of Satan!”

 

“The perpetual mysticism of fallacy tells of a fairy-tale filled with a man upon water.” I yell.

 

“Fucking ingrates, you blind fools. This is the hell we all live in, day-by-day, night-in and night-out, you and I with the rest of the worthless are in here together. Whether you believe in a god or not, retribution is only a violent death away, by night or day. We share the hell you so fornicate as the last abode to the so-called damned as I am branded. Through piss-stained streets I walk, wonder and ponder. Accident or none, or some stray knife in your neck.”

 

Luciano Pavarotti’s voice beckons me and Verdi’s ‘Requiem’ fills my lungs. With the subtle yet robust sounds of his voice, an ensemble of violins break the spell and my heart aches, it longs for reasons other than this death do us part.

 

A bullet fired from a gun or a hammer to the skull. Be this as it may, even when death passes you by, remember these words.

 

“People die of common sense. Life is a moment. There is no hereafter. So make it burn always with the hardest flame.” – Dorian Gray, by Oscar Wilde.

 

 

©

 

Pasquinade

Junie 26, 2012 in Sonder kategorie

 

 

Kom kindertjies fyn

skoon kindertjies

dog so rein.

Hier

‘n bietjie katspoeg

vir die oggend se pyn.

Kom my kindertjies

kindertjies so klein.

Die outra-tralala

ons eentonigheid gaan verdwyn.

As die bitterbessie-dagbreek

agter tralies weg kwyn,

die benerige vingers

om jou nek streel

en al die lekker uit jou liefs kleed

laat verdwyn.

 

Grootoog

botterbek

sê my sleg

ek staan reg.

Vok jou, sonder skaam

wat’s jou naam.

Ek verstaan,

weet nie meer

wat makeer

nerf-af knieë

op die teer.

Seer tand

aan die brand

wa’s jou ma?

Vok jou pa.

 

Vandag voel ek niks, vandag voel ek vokkol

afgemaai

uitgejou

moeg gesaai

op gekou.

Vandag wil ek sterf,

tot more kom

die hemele vergaan

stof tot stof en kommer heen

vanaand

is daar ‘n donkermaan

 

Vandag voel ek niks. Niks.

 

 

Niks.

 

 

©

Oom Verslons

Junie 18, 2012 in Sonder kategorie

My kop klop strop en tou maar my hart neurie ‘n liedjie van goud, mirre en wie. Rook borrel my neusgate uit soos ek die gat in my uitverkore siel stop met nog ‘n bietjie galbitter tabak wat Set verkoop langs ‘n verlate pad. Daardie lang, kronkelende pad na vokkol wat ek so met moed en lus deur storms jaag. Lustig rus ek my regter voet neer en die pedaal laat die motor ontwaak. Soos blits skree die enjin soos ‘n boosaard die teerpad af en al wat ek kan sien, is die dowwe stukke flitse van verlange.

 

Rus ‘n siel ooit in die gat wat ons Moeder Aarde noem?

 

Vol fors kug ek in die stil toe ‘n roof bedekte skepsel my nader. Bakhand, luidrugtig met waserige oë strompel diè te nader.

Nog voor hy kon vra. Nog voor hy kon smeek kyk ek hom stip in sy tranerige oë: “My asbakkie is leeg.”

Ek lieg, daar lê talle stuk silwer en so paar koper-nikswerds, ‘n gloeilampie en ‘n klippie. In my sak is ‘n tien rand noot, maar die is vir ‘n los dop. Dop, is ‘n moet my vriend in vodde. In Stywe dop is die swaarkry stil.

Stil is die donderwolk wat hang oor my soos ‘n dik, donkerrooi verhoog gordyn, wat wag. Wag vir die Passiespel se ‘grand finale’.

 

Vasberadenheid hunker, en met ‘n steier hurk hy na vore. Kak-onder-nael-vingers gryp hy die deur vas en die gaar reuk van pis-besmeerde gewaad oortrek my brein. Die messteek-gil verorber my visie en ek voel hoe Legio my bors vasdruk en heigend, wil ek hom smoor.

 

Daar is ‘n deuntjie in elke skoot

‘n Heildronk in elke noot

Daar is die samerotting in elke knoop

geluk in ‘n ander man se dood

 

U Edele met jul juwele moet weet – dat pyn net in jou sak vertoef. Die galgattige wat bedel vir sy stukkie droom maar nes jy, skuld afsluk, maar saans as die koue oor die pis-bedekte strate loei vanuit die dorre weste, sweet jou vet gesmeerde boesem onder vars gansdons terwyl vodde onder kartondose verkluim. As jou drome vol spruitjies van goud jou aande koester, weet, dat daardie armgattige vokker se kort uiltjies hom sy lewe kan kos. Waar daar in die verte iemand gil, iemand huil, iemand sterf, daar vind ons Oom Verslons.

So terdeë, en ‘n oorverdowende geskree van rubber op teer vlieg ek weg op die vlerke van ‘n petrol-vryheid. Oppad na my stilte in bottels van verlange en die vergeet, laat my beskeie. Ek verneem graag van u, in Hel.

 

Stof en klippe spat nog soos Oom Verslons die bulderende ongedierte agterna staar, half verstar kyk hy af na sy skurwe, vuil hand. Agter die nikotien-gevlekte baard glimlag hy verbete, en ‘n stil traan vul sy oë soos my laaste tien rand noot wapper in sy koue hand, die stof gaan lê.

 

 

©

David de Lange

Junie 13, 2012 in Sonder kategorie


Soms is die pyn
te veel. Soms, is die smart te min.

Soms is die are
so verdun dat selfs ‘n prik van wellus, nie eens die kwaal kan stuit.

Soms hunker ons
na hartseer sonder skaam, maar troebel is haar oë as die linker ‘n oogbank in
skerwe laat.

 

 

cenizas a las cenizas, polvo al polvo

 

 

Ons skakel dus
nou regstreeks oor na die epidurale pynstiller wat
woel-woel my binneste laat kikker. ‘n Leeftyd se gebrabbel stook onheil in my
en die geboorte aan ‘n nuwe hel boor deur my siel soos die donkermaan my roep.
Alles was vergeefs want al wat ek wou hê was ‘n bietjiie liefde, was ‘n bietjie
hoop. ‘n Bietjie volhard, verstaan. ‘n Bietjie bystand.

 

Tiksel omgee

knippie stil

tevergeefs moes ek slet
loop tugtig

Eerbied afdwing

soos ‘n diktator

met ‘n roer in sy hand en

die selfbeeld van ‘n
monster.

 

Droogbek moes ek stilstaan en hunker na niks, ‘n blik vol vokkol
en ‘n mes in die rug. Ek moes toekyk hoe ‘n volk vergaan in die vlammehel van hul eie misnoeë, deur hul
eie ontnugtering – beswadder. Ek moes toekyk hoe my mense hulself meesleep in
die swart oseaan waar amal ons vertrap en op spoeg.

 

Soos ‘n
lieplapper afjak en soos ‘n sleg kak – Uitjou.

 

 

tu Dios, nunca oírte gritar

tu Dios, nunca oírte gritar

 


 

Die morsige affêre
kry my pas in ‘n rare penarie, ‘n onheilige relaas van kommer en die onderonsie
tussen oud en jonk. Die gemors laat my steier in dronkenskap en die wit lig aan
die einde van die tonnel roep my te nader.

“Kom my meester, kom. Hou op kwêl oor dade van oud en
vergeet nou maar die pyn. Kom, stil sal jy wegkwyn in stof, sal jy vergaan.”

 

 

 “ADAM Gelewer. Stelsel Geïnisieer. Maak asseblief seker
dat NLP in werking en gekoppel is aan die Microcosm. Vir u veiligheid, laai alle
outomatiese-opdatering af voordat enige eksterne skakels uitgevoer word.”

 

‘Welkom by ADAM, David.’

 

 

Dik roet van ‘n commonrail diesel enjin blaas en grom
verby my, diè spoeg galbitter wolke op dorre paaie waar die gebeente vars
beelde van pyn en smart my kop in jaag. Swaar gepanserde wiele stoot moeiend
voort en skedels, femurs en ribbekaste verbrokkel, klap en kraak in die sand
van tyd.

Ons, word vergete
gelaat onder die masjien.

Sywaarts beweeg
ek eerder uit die pad, onnodige aandag soek ek nie, te veel al vantevore
ledemate verloor deur onderonsies met die aardige masjiene. Die vragmotors is
almal leë doppe en word beheer deur ADAM.

Masjiene wat
rondstap is net skelet-vormig sonder enige emosie, net drade en alloy
saamgesmelt en gekodeer om een opdrag te volg, die van ADAM.

Hordes siellose
gedaantes wat verby my vlug, saans, daagliks opsoek na iets om hul leë mae te
vul, hul dors te les. Elke vokken oggend moet ek my mond spoel met ‘n jammer
want hier, in die vuil gemors moet ek wees, veraltyd net wandel opsoek na ‘n
stukkie om te heg aan die alreeds, vodde liggaam. My dors is lankal vergete, my
honger word maklik gestil, ek is half mens en half, dood.

 

Soms, wonder ek
hoe dit sou wees om die handdoek in te gooi en maar die volledige transformasie
te ondergaan. Na masjien. Dan, soos hordes ander nou net doelloos rondloop en
die absurde volg.

 

Die kan ek nie. Nie
ek nie, nooit.

 

‘n Leë koffieblik
laat my sintuie snik en ek voel hoe die ou Microcosm koppeling haak en sidder in
my bors, al die ou modules in my word warm soos die kortsluitings begin brand.
Boodskappe flikker in my retinale inplantings en ou snitte van Lavazza koffie. Jan
Spies se platbek-Cremora video flits onbeskore voor my aangesig met talle ander
wat lê en buffer. My NLP proseseerder is buitewerking en neuro-kommunikasie is
uit, dus moet ek of ‘n stuk draad in my kop druk om die stelsel te herstel, of
maar die volgende drie ure deur duisende ou beeldmateriaal sit. Ek kies die
pynlike draad-opsie, die symbiotiese-liggaam is al oud en my gemoed dor.

 

Met ‘n prik,
gespartel en so paar nederige skroue sit ek en vroetel voort in my half
breinlose dop opsoek na daardie verdomde knoppie. ‘n Druk is raak en alles
verdwyn. Binne ‘n oogblik, flits alles weer aan, met boodskappe van selflaai-skerms
en allerlei, met talle foute skop ons weer die rat in en siedaar. Die Halfmens is weer in volle vaart. Virusse
krap-krap en ek wag op die dag waar my weerstand meegee, met ‘n berispelike
gemoed wat my binneste rondwoel – kan so virus ‘n monster meebring. Almal het
monsters in hul, sommige leef net ten volle as die ware Jakob.

 

Agh, hoe suiwer
die ou klanke van Vivaldi se “Le Quattro Stagioni” wat my  kanale vul. My hart breek as ek dink, want
gedagtes bring beelde na vore. Daardie verdomde beelde is maklik om te stop as
alles nog gewerk het, maar senutergend as jy nie kan nie.

My dade. Die
moorde.

Die geskree van
soveel wanneer hul in hokke geboender word en jy weet jy is deel van elk se
smart. Die trane van kindertjies as hul ouers wreed sterf. Daardie
moedeloosheid as die maagd haar eie verloor. Daardie koue nagte waar gemors los
rondhardloop om hul lus te kwyn en teer op ander se pyn.

 

Ons is almal deel
van iemand se smart, iemand se hartseer. Jou eie pyn.

 

ADAM het geweet
wat van die mens sou word. Die Masjien het geweet die mens sou weer terugkeur
na die dier. Soos honger honde mekaar sou begin vreet, hul lus delg in die
wreedste maniere. Terug na die dier.

 

Die onvergeeflike
oomblikke in tyd sal jou naam dra tot in ewigheid, tot die water verdwyn en die
son ons verorber.

 

Tot tyd ophou. Tik…tak…tik…tak…tik…tak.

 

 

cenizas a las cenizas, polvo al polvo

 

 

“There is
a time when the operation of the machine becomes so odious, makes you so sick
at heart, that you can’t take part. You can’t even passively take part! And
you’ve got to put your bodies upon the gears and upon the wheels, upon the
levers, upon all the apparatus and you’ve got to make it stop! And you’ve got
to indicate to the people who run it, to the people who own it — that unless
you’re free, the machine will be prevented from working at all!”  – Mario Savio

 

 

©

Miskien

Maart 9, 2012 in Sonder kategorie

Is die alles net
te veel vir my? Hoe?

 

Toe moet ek
myself nog jammer kry? Ek is ‘n verlore kind met ‘n taai rolletjie, ‘n
sekelmaan en ‘n blik skoengom. Ek hakkel miskien as jy voor my staan maar in my
hart is ek ‘n vokken bom. Vokkol stuit ‘n balhorige nie, niks is te veel vir
iemand soos ek nie. My handpalms, koel soos ek oor dit blaas en diep English Leather my sintuie laat teister,
met ‘n sinkende pyn in my bors, gryp ek die koue staal steel vas tot my
kneukels wit span en wil-wil deur die dun vel bars. Peraat.

 

Miskien moet ek
myself dood.

Miskien moet ek
myself vermoor.

Miskien moet ek
myself met ‘n mes deurboor.

 

Versmoor.

 

Nee, niks sulke
ongeruimthede sal geduld word nie.

 

‘Ons is ordintelike me’se met waardes en geleerdheid. Ons
sallie onselwers sommer net so uitwissie. Mog die liewe heer my hoor, mog hy my
hoor.’

 

‘n Preutse tuit
vorm en ‘n giggel bied eer. Snorkend lag ek want die verspotte selfmoord staan
met sy hande orent en juig die skare toe. Die kruis soos sakke onder sy oë en
met sy gespe los pis hy alles en almal om hom af. My in kluis.

Waarom het ek as
mens dan keuse gekry, om te hang aan die leuen se lippe in die hoop om
vergifnis? Daar is geen hierna, net nou. Waarom is ons nog vasgevang in die leë-dop
hoop?

Met sy piep-blou
ogies  steier hy oor sy woorde en spuls
spoeg hy bog oor hul koppe, mense die juig, die skare die skree en ‘n goddelose
steek sy vars gerolde skyf aan en glinster in die duister met soeke sonder hoop,
want die hoop in kosbaar is ‘n fabel.

 

Der Vater ist eine Lüge. Ich
wiederhole,
der ist Vater eine
Lüge.

 

My aangesig speel
‘n verwronge beeld in die spieël en die, glimlag immers vir myself. Want hier
diep binne my konkel die dood en wag opnuut vir ‘n nuwe nek om te streel. My vlymskerp
lem sing soos ek die kant oor my hemp streel en vinnig tussen my gebelte denim
en vars vleis bêre. Vanaand kak enige sot wat my kant toe kyk. Stap vir stap
kakel my stewels en kraak fyn stof onder my voete. Die pad raak nou, soos die
dowwe maanlig lek-lek oor die koue aardbol, ons is deels van menigte maar tog
so min.

Jou hartklop
beteken vokkol vir my nie, ook nie myne vir jou nie. Sonder huiwer sal jy my
harsings van die grondpad aflek, ek, sekerlik joune. Sonder skroom vermoor ons
mekaar – elke dag, meer en meer.

Drakoniese leke
met hul boek onder die arm en kruise in hul hande speels saam met jou, verdryf
jou, haat jou en smag met ‘n naam van verre – beveel hulle jou om te moor,
plunder, verkrag en te skoon want hy, die enigste, het so deur hul, gespreek.

 

Romeine 8:1, selfs
as ek moor.

 

Ek. Goedgesind met weerspieël.

 

Dit is ‘n donker oomblik. Die golwe
van niks klots teen die hoeke van my gedagtes soos daardie soet-suur geritsel
as die eerste Camphor geurige jou keel tref, al jou sintuie weer die gevoel af,
maar in ‘n split oomblik gee alles mee en die kleurvolle vloeistof spu uit elke
neusgat en uit jou mond uit, gevolg deur ‘n diep geroggel vanuit jou binneste.
Waarom sidder my binneste as ek moet tuiswaarts keer?

 

Die masjien.

 

Die geelsig-tuberkulose-buis wat blêr
in die sitkamers van onnoseles is net een te veel, hulle kan nie afsluit nie
want die sagte gesuis van statiese elektrisiteit is diep gekodeer met propaganda.
Die sinapse word ontkoppel deur die witlig-gedruis wat die vetgesmeerde
staatsmannetjies ons brein inboender. Die klug, die leuen – die afskuwelike
vokken gebrabbel van hoop en eerbied. Die geskil van party tot party, die haat.
Die kinders se akkute versteurings wat pille moet delg. Die onmisbare onreg.

 

Die dood.

 

Miskien moet ek eer en miskien ek
vergeef, maar miskien kan ek net nie vergeet.

 

 

©