Ek leef nog...........
Vry 27 Aug 2010, 09:47 11 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk wil darem net sê, ek leef nog al is ek so stil. Ek het einde ten laaste weer aan die verf gekom en heeltemal iets anders gedoen.
Hulle is nog nat en op die esels maar hier is 'n dit voorlopig -
My voete raak skaars grond maar ek sal seker weer een of ander tyd rustig voor die rekenaar kan sit en al die blogs lees. Intussen moet my blogmaatjies netnie van my vergeet nie, want ek dink so af en toe aan julle al lees ek nie die blogs nie. Party van julle voel al soos familie!!
Geniet die naweek.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
To stay sane.......
Dins 20 Jul 2010, 10:21 9 Kommentaar Rapporteer MisbruikBy al die dramas wat ek verlede week gehad het en nogsteeds hierdie week het, gaan dit darem nie te sleg wat my werk aanbetref nie.
Ek het haar (Kitchen Chair 700X900) verkoop -
en toe sommer by dieselfde man 'n kommissie (Somali Nights 2 500X500) gekry wat ek gister klaargemaak het -
Baie keer vra mense my hoekom ek verf, en dan moet ek baie eerlik antwoord - to stay sane!! Dit is die enigste iets wat ek kan doen en in die proses alle ander dinge uitskakel in my gedagtes. Dit is vir my soos om te mediteer. Alles verdwyn en al wat ek sien is kleur en nogmaals kleur. Ek hou op om te dink en dinge gebeur dan net vanself. As ek agterna terugstaan kan ek nie eintlik verduidelik wat ek gedoen het of hoe ek die kleure gemeng het nie.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Dramas, dramas, dramas....................
Maan 19 Jul 2010, 09:17 11 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk het verlede week meer dramas gehad as wat een mens kan hanteer. 'n Ma wil mos darem hê dit moet goed gaan met haar kinders en ons kan sien as dinge op 'n fiasko uitloop, maar die kinders wil dit mos dan nooit hoor nie!!
Ek het voorheen geskryf oor hierdie mooi seun van my wat in 'n verhouding met 'n meisie hierdie pragtige klein dogtertjie het. Sy is die einde van die jaar 3 jaar oud en te dierbaar vir woorde.
Die verhouding tussen die twee ouers is egter abusive en baie ongelukkig en hulle fightings is letterlik ure uit mekaar uit. Ek het gepraat en gepraat en gepraat maar Kleinboet wou niks weet nie en het terwille van die dogtertjie in hierdie verhouding gebly.
Ek kon sien hoe hy agteruit gaan. Sy klere lyk asof hy uit 'n wasgoedbondel uit aantrek, sy hare is slordig en sy werk ly daaronder.
En toe het die bom verlede week gebars. Sy (en die kind) is weg na 'n ander man toe na 'n vreeslike fight waarna sy Kleinboet aangekla het vir domestic violence!!
En as jy nou drama wil hê, dan moet jy betrokke raak met die gereg in SA. Dit was 'n prokureur kry, bail betaal ens ens. En deur alles vertel sy net vir hom hoe lief sy hom het!!!!!!!!! Gelukkig kon ons na 2 dae die klag teruggetrek kry.
Gelukkig lyk dit nou vir my hy het genoeg gehad nadat haar ma 'n tikpyp tussen haar goed gekry het. Sussie en Boetie het gehelp en Kleinboet het die naweek sak en pak uitgetrek. Alles is gestoor en hy bly nou tydelik by Sussie terwyl die hele familie vir hom losies naby sy werk in die stad soek.
Ek hoop dat hy nuwe mense sal ontmoet en 'n nuwe vriendekring sal opbou en weer sy selfvertroue sal terugkry. Ek bid dat hy iemand sal ontmoet wat hom sal liefhê soos 'n mens veronderstel is om liefgehê te word, sonder voorwaardes.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Weigh-Less vordering
Sat 26 Jun 2010, 11:46 20 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk moet net vertel hoe ek al gevorder het met my dieet waaroor ek voorheen geblog het.
Ek het vanaf Maartmaand tot gister presies 10 kg verloor en moet nog net 1.6 verloor dan is ek op my doelgewig. Ek het myself tot die einde Julie gegee (1 maand aangeskuif) om daar te kom. Blykbaar kry jy dan 'n stabiliseringsdieet wat jou liggaam gewoond maak aan jou nuwe gewig.
Kan jy glo dat die meisietjie wat die Weigh-less klasse hier op Gansbaai aanbied, vir my sê dat sy nog nooit iemand gehad het wat tot daar gevorder het nie want almal bly weg na stap 7. Blykbaar voel hulle dan dat hulle genoeg gewig verloor het. (Ek het nou al tot by Stap 11 gevorder.)
Ek dink egter dis die belangrikste deel van die dieet, want ek weier om weer hierdie gewig op te tel en wil dit my lewenswyse maak. Niks word jou ontsê nie maar hoeveel jy eet en wanneer.
Ek kan Weigh-less vir almal aanbeveel.
Die bonus is dat ek weer in my 34 jeans inkom en die mooiste winterklerekas het. Elke oggend het ek 'n wye keuse oor wat ek gaan aantrek en Manlief vat weer aan my boudjies!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Hier is nommer een.
Dond 24 Jun 2010, 15:10 11 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk het nommer een van drie skilderye klaargemaak. Dit is op 700x700 boks canvas met olie geverf. Ek wil dit solank met my blogvriende deel. Die ander twee gaan op dieselfde grote geverf word maar 'n ander deel van haar lyf wees. l
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
'n Kuiertjie.........
Woen 23 Jun 2010, 15:20 27 Kommentaar Rapporteer MisbruikEn toe ontmoet ek vandag vir Tronkie en Therina by Maankind se huis. Vir Maankind ken ek nou al lankal se tyd en sy is 'n wonderlike vriendin, maar was tog te beindruk met hierdie nuwe twee vriendinne. Ek dink ons vier gaan nog 'n hond uit 'n bos kuier.
Hierdie ouma het 'n vakansie nodig nadat hierdie kleinding 'n week hier gekuier het.
Ons het geverf...............
elke dag in die waterpoeletjies gaan speel..........
met die hond gaan stap.....
gedans en
uit ouma se kas aangetrek en mooi gemaak!
Haar verlange na haar mamma het gemaak dat sy na 'n week besluit het dat dit tyd is om huis toe te gaan. Hierdie ouma weet nie of sy veel langer sou kon uithou nie! So 'n kleinding vat nogal heelwat energie en kreatiewe denke en alle ander goed word op hold gesit tot later.
Nogtans kan 'n mens nie wag vir die volgende kuiertjie nie, vra maar vir Maankind!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Gousblomme vir Therina
Woen 9 Jun 2010, 13:34 14 Kommentaar Rapporteer MisbruikHier is hy Therina. Jou gousblomme en Yserfontein, heeltemal klaar.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
'n Dag op die strand.
Sat 5 Jun 2010, 18:03 10 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk het hierdie week darem oorleef. Twee begrafnisse in een week was regtig twee te veel. Gelukkig is ek weer veilig terug by die huis en die studio vorder darem nou weer. Die ou het vandag die paving kom klaar maak. Nou nog net die deur wat moet in en die laaste paar teels wat gelê moet word.
Ek en my kleindogter was so 'n ruk terug op die strand en soos gewoonlik het hierdie ouma honderde fotos geneem. Op die ou end het ek hierdie skildery van ons wonderlike dag op die strand gemaak.
Sy wil nou net van ouma weet hoekom daar dan nou twee van haar op die skildery is!!!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Hierdie week....
Maan 31 Mei 2010, 13:18 12 Kommentaar Rapporteer MisbruikMy verkoue is iets van die verlede, ek het TWEE begrafnisse hierdie week en ek verf groot oranje gousblomme!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
My nuwe pinup....
Woen 26 Mei 2010, 13:17 14 Kommentaar Rapporteer Misbruik
Ek het haar vanoggend,tussen die hoese en niese, klaar gemaak.
Ek is van Saterdag af nie lekker nie en loop oral waar ek gaan met 'n rol dubbellaag toiletpapier saam met my. Ek vind dit is sagter as sneesdoekies. Ek pop die grieppille asof dit uit die mode gaan en is regtig gatvol vir myself. Ek haat dit om so te voel.
Ek het uit radeloosheid maar liewer voor die esel gaan staan om darem net 'n rukkie my aandag op iets anders as myself te vestig en wel, hier is sy.
Hopenlik voel ek more beter. Ek hou maar duim vas.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Nog 'n pinup klaar geverf.
Maan 17 Mei 2010, 13:31 32 Kommentaar Rapporteer MisbruikSy is nog nat. Ek het vanoggend die laaste paar strepe geverf. Sy is deel van die reeks wat ek besig is om te verf.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe: pinup
Challenge by BloggAlot
Vry 14 Mei 2010, 11:23 31 Kommentaar Rapporteer MisbruikHier is 2 nude skilderye deur my gedoen en volgens my so smaakvol dat dit in die sitkamer kan hang.
Omdat ek 'n passie vir figure en nudes het en geniet om die vrouefiguur te verf, raak ek so moeilik as mense hierdie werk as "pornografie" beskryf. Ek het eendag amper 'n vrou se kop afgebyt toe sy my skilderye as te gewaagd vir die gemiddelde kopersmark beskryf. My liewe hel, weet hierdie persone wat is pornografie?
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Ek het my blogvriendinne se hulp nodig.....
Woen 12 Mei 2010, 13:19 39 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk is waar ons almal een of ander tyd in ons lewens kom. Ek voel nog hups en vol lewe en lyk goed vir my 52 jaar op hierdie aarde. Met my nuwe dieet het ek ook weer van al die onnodige vet ontslae geraak en Manlief vat weer aan my. My nommer 10 jeans pas weer en ek kan vir myself weer in die spieël kyk.
Die probleem is egter my hare.
Ek het hierdie twee vriendinne wat gladnie hulle hare meer kleur nie en stunning lyk met sulke sexy kort haarstyle. Hulle silwer/wit hare komplimenteer hulle en dit lyk so goed.
Dit het my aan die dink gesit. Ek is regtig vreeslik grys en kleur elke 4 weke. Ek was al die jare 'n blond en het so 'n paar jaar terug (voor Manlief) 'n liefdesteleurstelling gehad. Tussen die snot en trane besluit ek toe om 'n verandering te maak en gaan toe oor na rooi. Van daar af is ek 'n donker-rooikop. Maar o wee, net vir 3 weke dan sien jy die grys uitkom en dan moet ek maar weer afsit haarkapper toe. Hoekom laat ek nie my hare uitgroei nie? Hoekom maak ek nie ook so soos my vriendinne en kyk die wêreld vierkantig in die oë met wit hare nie?
Nou sit ek egter met die dilemma, hoe doen 'n mens dit? Hoe gaan jy van rooi na wit? Ek wil nie my hare afskeer nie en weet nie of dit moontlik is om dalk wit strepe in te sit nie. My haarkapper wil niks hiervan weet nie en ek sal my voet moet neersit as ek so iets beplan.
Is daar iemand wat dit al so gedoen het? Help!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Skulpe op die strand.
Woen 12 Mei 2010, 11:10 18 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk woon in hierdie ongelooflike plek waar daar hierdie tyd van die jaar Paper Nautilus skulpe uitspoel op die strand.
Toe ek vanoggend my oë oopmaak het Manlief hierdie skulp op my bedkassie neergesit. Dis vir ons so opwindend om hierdie tyd van die jaar langs die strand te stap en te kyk of ons so 'n skulp kan optel.
Ek het verlede jaar die voorreg gehad om die skulp met nog die diertjie daarin op te tel. Ek dink dit gebeur net een keer in 'n mens se leeftyd.
Dit is net die vroulike Nautilus wat 'n skulp het. Sy lyk soos 'n klein seekatjie met 8 armpies wat hierdie skulp andersom as in die foto vashou en dan naby die oppervlak van die water "float". Sy lê duidende eiertjies in hierdie skulp wat dan deur die man wat bitter klein is en ook saamry, bevrug word. Hierdie skulp is dus haar broeikamer.
Die grootste skulp wat ons nog hier opgetel het is 18cm in breedte en die kleinste een 4cm. Elke oggend se stap op die strand is dus 'n skattejag wat ons terdeë geniet.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
EK het weer 'n middellyf!
Dond 6 Mei 2010, 08:10 21 Kommentaar Rapporteer MisbruikSoos Blogland nou al weet is ek mos op 'n ernstige dieët (Weighless) en moet ek net verslag doen. Ek pas weer perfek in my nommer 10 jean en daar is geen muffin-oorloop te bespeur nie!
Ek my middel het besluit dit is nou tyd om weer sy verskyning te maak.
Ek is nog nie heeltemal waar ek wil wees nie, maar Manlief kan sy hande nie van my lyf afhou nie!
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
This boots are made for walking............
Maan 3 Mei 2010, 14:36 11 Kommentaar Rapporteer MisbruikSoos belowe - hier is die nuwe boots wat ek gekoop het.
Ek moet eers vertel hoe 'n groot bargain dit was. Ek het oral in Tygervallei gaan rondstap en kon oral leer stewels kry maar dit het in die omtrek van R1200 'n paar gekos.
Ek kom toe by Tekkie Town en hier het hulle Bronx leer stewels vir R450 per paar. Die uiteinde is toe dat ek sommer 3 paar koop.
Ek het ook die mooiste leggings hierby gekoop asook van hierdie groot growwe gebreide truie wat oral in die winkels is.
Anha, hier by die see word al die hakstewels weggepak en doen ons dit met plathakke.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Spesiaal vir Plankloper.- My blomskilderye.
Maan 3 Mei 2010, 12:40 12 Kommentaar Rapporteer MisbruikHier is die skilderye van blomme/stillewens wat ek nog het.
Hierdie een is 500X600
Daysies 500X600
Sonneblomme 500x600
Black pottery 500X600
Sonneblomme 400X500
Lente 400X500
3 300X300 vir die eetkamer of kombuis
Dit is alles met olie geverf op 5cm dik canvas wat nie geraam hoef te word nie. Ek verkoop die 500x600 vir R2000 ; die 400x500 vir R1500 en die drie kleintjies saam vir R1200 plus posgeld.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Ek't geshop till I drop!!
Son 2 Mei 2010, 18:00 18 Kommentaar Rapporteer MisbruikEk is veilig terug by die huis na 'n paar dae wat ek myself gate uit geniet het.
Manlief het by die huis gebly terwyl ek 3 van my skilderye
op Robetson gaan verkoop het en toe sommer 'n nag by 'n vriendin oorgeslaap het.
Daarna het ek deurgery Kaap toe en myself bederf het met die mooiste winterklere en drie paar egte leer bootse.
Ek het vandag my kas uitgesorteer en alles mooi ingepak. Ek is nie regtig 'n winter mens nie, maar met hierdie mooi klere wat nou in my kas hang, kan die winter maar kom.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Half of a yellow sun.
Woen 21 Apr 2010, 20:31 5 Kommentaar Rapporteer Misbruik'n Vriendin het hierdie boek vir my gestuur om te lees en ek wil dit vir almal aanbeveel.
Die boek speel af in die sestiger jare en gaan oor Biafra en wat daar in Nigeria gebeur het. Dis een van daardie boeke wat jy lees en dan stil word. Normaalweg gesels ek gewoonlik oor dit wat ek lees met Manlief. Ek lees vir hom voor en bespreek dit soos die boek vorder. Met hierdie boek kon ek dit nie doen nie. Ek het in stilte net die een bladsy na die ander verslind en het nadat ek die laaste bladsy gelees het seker meer as 'n uur net in doodse stilte gesit.
Die vraag wat ek gevra het, is wat waarborg my dat so-iets nie met my sal of kan gebeur nie?
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
My crocs spesiaal vir Modderkoekie en Anha
Maan 19 Apr 2010, 13:19 37 Kommentaar Rapporteer MisbruikMy nuutste Crocs
en die paar wat ek van my 8jarige kleinseun geëerf het
Hierdie blou paar seuntjie Crocs is die gemaklikste plakkies wat ek nog gehad het en ek stap kilometers langs die see met dit.
Lewer kommentaar op hierdie pos...
Onderwerpe:
Gebruikersprofiel
Gharki
vertel dit met rooi, blou en geel op die palet
| Geslag: | Female |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Cape Town | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 8476 |
| Kommentaar: | 1700 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 7 intekenaar(s)
Kentekens
Blog-rol
- Ek leef nog..........2010/08/27 09:47:03
- To stay sane.........2010/07/20 10:21:10
- Dramas, dramas, dr...2010/07/19 09:17:40
- Weigh-Less vorderi...2010/06/26 11:46:20
- Hier is nommer een...2010/06/24 03:10:49 nm


