by Foxy

Die oordeel kom jou nie toe nie….

Maart 24, 2013 in Sommer net gedagtes

Ek wonder hoe baie hoor ‘n mens dit  in preke, lees jy dit tussen die lyne raak in die Bybel, kom die frase voor in gesprekke… en hoe baie keer neem ons regtig in wat ons sê / hoor / lees… wanneer raak dit jou aan jou vel, word dit yadah vir jou?
Ek was vanaand bevoorreg om deel te wees van die skepping van ‘n koor in ‘n lied… ‘n betowerende oomblik wanneer die woorde half in jou mond gelê word en die melodie oombliklik sommer net spontaan oor jou lippe rol en jy daarna intens bewus is van presies watter besonderse oomblik dit eintlik was…. ‘n koor wat ek sommer net weet deur baie ander nog gesing gaan word en dit vul jou sommer net met die bewuswording van hoe misterieus God soms te werk gaan… en nou ‘n paar ure later sit ek by die huis voor my komper en maak gou ‘n laaste paar notas van dingetjies wat more alweer onthou moet word wanneer die gewone lewe mens terugroep aarde toe en so tussendeur vang my oog Facebook… loer gou in by ‘n vriendin of twee en loer gou na hulle fotos en onverwags sien ek ‘n foto van ‘n bekende uit my verlede en oombliklik voel dit amper asof die seepbel bars… en in n oogwenk is die euforie van die besonderse oomblik vroeër vanaand daarmee heen.

Durf ek waag om op haar blad te gaan kyk hoe dit met haar gaan?? Die stemmetjie in my hart en kop sê.. nee skree kliphard: NEE!! BLY WEG DAAR! en tog kry nuuskierigheid die oorhand en ek kliek, en kliek weer, en weer, en weer… Sien haar inskrywing aan iemand anders wat ek ook eerder sou wou vergeet en weereens kry nuuskierigheid die oorhand en ek kliek op haar blad ook en sien dat ook sy nou die ma is van 3 pragtige dogters en ewe skielik kom die gedagte van oordeel by my op…. want sien… dit is tog so maklik om iemand anders te veroordeel en te beoordeel wanneer jy nog nie ‘n dag in hulle skoene geloop het nie… maar daardie prentjie het nogal die geneigdheid om te verander wanneer jy jouself ewe skielik as ‘n ouer bevind… want ten spyte van die beste opvoeding wat jy jou kinders kan gee, is jy nie elke dag van hulle lewens reg langs hulle om seker te maak dat hulle al die regte keuses uitoefen nie… of dalk wat volgens jou die regte keuse sou wees nie.. Vir ‘n oomblik kyk ek na die gesinsfoto waaruit beide die vroue teruglag met hul kroos op en in my hart is daar eintlik vanaand net vir hulle en hul kinders ‘n gebed… dat ander hulle meer genadig sal wees met die oordeel en veroordeling van hulle dade.. dat daar ‘n sagter woord mag wees en nie die harde woorde waarmee ek gegesel was nie… want soms, net soms bevind jy as kind jouself in situasies wat jy geheel en al nie opgewasse is om te hanteer nie en sou mens verwag dat die volwassene wat hom of haar saam met jou in daardie situasie bevind, die regte, volwasse keuse sal uitoefen namens jul altwee… maar nie alles in die lewe werk soos wat dit altyd veronderstel is om te werk nie nè… soms neem ons besluite as volwassenes sonder om vir ‘n oomblik eers te dink wat die nagevolge daarvan kan of gaan wees… en die nagevolge is nie noodwendig iets wat ons eie lewens krities sou beïnvloed nie, maar wel die jonger party….

As ek vanaand terugdink… vra ek in my binneste om vergifnis vir my reaksie in ‘n oomblik van swakheid… ‘n reaksie wat onbeplan, net eenvoudig spontaan plaasgevind het en waarvoor ek in daardie oomblik beslis nie aanspreeklik gehou kon word nie want ek het my in die geselskap van iemand veel ouer, met veel meer wysheid en jare se ervaring bevind.. iemand wat in daardie oomblik self net ‘n oomblik van swakheid ervaar het en nie daarteen kon of wou baklei nie.. ‘n Onbesonne oomblik wat 2 mense se lewens totaal en al kom omkeer het… ‘n jaar wat daarna gevolg het met oomblikke van totale waansin wanneer alle rasionele denke uitgedoof word vir ‘n paar minute.. ‘n uur of twee.. en ander kere weer gesorg het vir vuurwarm trane wat oor die gekneusde hart en siel van ‘n matriekdogter stofspore agtergelaat het.. ‘n dapper glimlag wat daardie oomblikke van intense pyn en verlange so goed weggesteek het dat niemand dit eers kon vermoed nie… en as ek nou so terugdink daaraan… dan bid ek werklik opreg vir julle dogters… dat hulle werklik die oordeel waarmee julle my ge-oordeel het, gespaar sal bly… bid ek dat daar eerder iemand sal wees wat ‘n hand sal uitsteek en die moeite sal doen om ‘n vetrouensverhouding op te bou met hulle en werklik agter die kap van die byl te kom en eerder te help as om gapende wonde te maak met woorde en dade wat bedoel om groot letsels agter te laat…

Ek kyk skuins langs my, in my slaapkamer in waar my eie twee kinders rustig in my bed, droomverlore en salig lê en slaap en ek bid kliphard dat ook hulle asseblief die wêreld se oordeel en veroordeling gespaar sal bly… dat wat ek hulle probeer leer sal insink en deel van hulle uitgangspunt in die lewe sal word… dat die oordeel ons nie toekom nie… dat ons nooit, ooit werklik sal weet presies wat in iemand anders se lewe aangaan en waar daardie persoon hom of haar bevind nie, tensy ons so bevoorreg is om werklik tot diep binne in hul harte toegelaat te word nie… om te besef dat meeste mense ons net ‘n glimps gee van wie hulle is of waardeer hulle werklik worstel.. net die gordyn so ‘n skrefie oopmaak en soms per ongeluk nie heeltemal toemaak nie en jy dus ‘n kykie na binne kry waarvan hulle nie eens bewus nie..

Mag ons besef dat die oordeel ons nie toekom nie… dat daar maar Een Regter is wat dit werklik waardig is om te doen.. en dit is Hy wat sonder sonde was en as Hy dan kom en ons sonder oordeel kom vergewe, ons skuld afskryf.. hoeveel te meer moet ons nie dan dalk ook net met ‘n bietjie meer genade na mekaar kyk nie… is ons dit dan nie aan mekaar verskuldig om so bietjie ligter met die oordeel te werk te gaan nie en dalk eerder ‘n bietjie moeite doen om werklik ‘n bietjie meer agter die kap van die byl te kom voordat ons met woorde gesel nie…

Mag ons kinders, maar veral ons dogters, die seer en die eina van ‘n hopelose liefde en die geselwonde van woorde gespaar bly. Mag ons eerder die krag, insig, wysheid en liefde geleer word deur U om die pad saam met ons kinders te stap en daar te wees vir hulle wanneer hulle ons nodig het, ons oë en ore oop wees vir onuitgesproke hulproepe en soeke na antwoorde en ons harte altyd sag sodat ons woorde pleisters plak op die einas en nie die wonde net nog dieper maak nie… mag daar vir ons en ons kinders meer genade wees as wat ons soms bereid is om te gee.

x

by Foxy

Migrasie… of wat ‘n mens dit nou ook al moet noem…

Oktober 18, 2012 in Sommer net gedagtes

Ek hoop regtig die migrasie van die blogs gaan nie veroorsaak dat ek mense se blogs totaal en al verloor nie! Ek het nou net ‘n ‘notification’ gekry van Kerneels se blog af, maar as ek op link wat ge-epos is kliek… dan kry ek hierdie skermpie wat vir my sê:

Ek gaan darem maar regtig so bietjie hartseer wees as ek nie weer my blogmaatjies kan opspoor nie!

Ek hoop ek sien julle darem almal aan die “anderkant” … waar dit dan nou ookal mag wees!

Sommer net ‘n mooi prentjie 🙂

Mooi dag vir julle!

ok nou net so as ‘n nagedagte… ek kan blykbaar alklaar nie meer op die blogs inkom waar ek graag gekuier het nie…

as jy weet ek het gereeld by jou gekuier – nooi my asb weer terug na jou blad na die migrasie…

my e-pos: spokie75@yahoo.com

by Foxy

2012

Oktober 17, 2012 in Sommer net gedagtes

Sjoe, wat kan ek sê behalwe dat hierdie jaar vir my so effens ore aangesit het tot dusver! 🙂

Daar is dae wat ek regtig Prediker so goed verstaan… dat alles ‘n gejaag is na wind… want die vet weet, die tyd vlieg eenvoudig verby en die lewe hou mens so besig dat mens met tye amper half vergeet en verleer om werklik te leef!

Dankie vir die boodskappies deur die jaar en die paar bekommerdes wat ‘n boodskappie stuur om te hoor of ek nog “OK” is… ek waardeer opreg! Snaaks hoe die paar vriendskappe wat mens hier oor al die grense heen sluit tog eintlik baie vir ‘n mens beteken.  Dalk het dit tog iets te doen met die feit dat mens anoniem hier begin skryf en kan kies met wie dit is wat jy wil ge-assosieer word… kan kies met wie jy wil vriende raak…

Daar is van julle wat ek eintlik as ‘goeie vriende’ klassifiseer in my lewe al het ons nog nooit buite blogland kontak gehad met mekaar nie, en al ‘praat’ ons ook eintlik min op en deur blogs…  Soms so half die gevoel asof mens net mekaar al soooo laaaannnnkkkkk al ken dat mense deel voel van jou lewe.

Vir al die besonderse mense wat ek hier in blogland ontmoet het, wil ek sommer net dankie sê… dankie vir al die opregte omgee… die saamlees, die saamhuil, saamlag… sommer net die saamwees…

Ek hoop julle het almal ‘n prag daggie…

En ek sal nog klaar skryf aan Liza se verhaal… die einde is nog nie in sig… ek is bevrees, ek het net op die oomblik nie genoeg ure in die dag om by haar verhaal ook nog uit te kom nie… kom nie eens by bloglees uit nie.. hou al my notifications en lees dan so eenkeer amper 2 maande gou vinnig al die blogs wat ek agter is deur…

Ek hoop julle almal wat migreer hou my as vriende en hou my e-pos om te kan inteken by jou… ek wil asb kontak hou!

Nou moet ek eers weer gou hardloop!

xxx

by Foxy

Hoor my lied 2… Hoofstuk 6

Junie 13, 2012 in Hoor my lied

‘Niemand mag ooit uitvind wat in hierdie huis gebeur het nie! NIEMAND NIE! En Jaco sal NOOIT weet hoe seer hy my gemaak het nie.’

 

Dit is Liza wat die volgende dag gereed maak vir werk, maar tog ook nie. Iets het verander.

 

Sy drink die 2 pienk pilletjies wat veronderstel is om haar hartklop te beheer en maak reg om te loop. Sy stap genadiglik vroeër stasie toe, want sy raak elke paar 100meter so moeg dat sy eers ‘n rukkie moet rus. Toe sy uiteindelik in die trein sit, neem sy onmiddelik haar pols… 143. ‘Moes geweet het, die pilletjies het duidelik nog nie ingeskop nie!’

 

“Wat maak jy hier Liza?” vra Dalecia duidelik verbaas toe sy by die kantoor ingestap kom om haar handsak te bêre.

“Ek wil eerder kom werk as om so alleen by die huis te wees Dalecia. Ek belowe ek sal myself rustig gedra.”

“Jy mag eintlik nog nie kom werk nie jong. Dr. Piet het gesê dat jy vir ten minste 2 dae jouself baie rustig moet gedra sodat jy hart beskerm kan word. Hy is baie bekommerd dat hy nie met jou pa-hulle kon praat nie en ek het belowe om ‘n ogie oor jou te hou. Ek dink jy moet sommer vanaand by ons kom slaap… daar is genoeg klere en slaapklere vir jou en ons was sommer jou onderkleertjies dan is dit weer reg vir more.”

 

Liza aanvaar dankbaar die aanbod… een aand minder wat sy alleen in die karavaan moet slaap met die roofdier naby haar.

 

Die volgende paar dae gaan sonder insident verby en Liza staal haarself vir wanneer haar pa-hulle weer by die huis is. Dan is sy weer gebonde aan ‘gesins-etenstye’ en dit beteken ‘n beknopte spasie deel met hom! Gelukkig raak sy in hierdie tyd so moeg dat sy saans nie vinnig genoeg in die bed kan kom en slaap haar sonder moeite oorval.

 

Die eerste naweek gaan relatief rustig verby maar, dit is alweer net die kalmte voor die storm.

 

“Liza, ons moet bietjie begin gesels oor jou bydrae tot die huishouding. Kos raak al hoe duurder en jy sal moet begin om losiesgeld te betaal.” Liza se gesig moes haar verontwaardiging verraai het, want vinnig vervolg Tannie Hetta weer. “Jaco betaal elke maand R300 en so kan jy ook.”

“Maar ek het maar sopas begin werk en Jaco werk al vir 3 jaar en hy het nou eers begin losiesgeld betaal. Verder is ek die een wat elke naweek staan en vir ure lank staan en stryk terwyl hy net mooi niks konstruktief bydrae tot die gesin nie!”

 

Sy ignoreer die kyk wat sy kry. ‘Dit is nie regverdig nie. Hoe kan Tannie Hetta meer as die helfte van haar salaris nou vra vir losiesgeld!’

 

Net daar en dan besluit sy dat sy van die volgende dag af gaan begin soek vir ander blyplek. ‘Hier verwag Tannie Hetta dat sy meer as die helfte van haar salaris moet afstaan aan haar “losies” maar sy is die een wat net so kliphard staan en werk en haar deel bring in die huis. Sy is die een wat in die karavaan buite die huis slaap, wat in die nag tussen die huis en karavaan moet loop sou sy ‘n badkamer nodig kry. Dit sal die dag wees.’

 

Liza blaai heel eerste na die agterkant van die klein koerantjie toe sy by die werk opdaag en bel sommer vroeg oggend na die die 2 persone wat blyplek binne haar begroting geadverteer het. Die een plekkie is reeds geneem en vinnig maak sy ‘n afspraak om na werk na die ander vroutjie te gaan.

 

Dieselfde aand nog, deel sy die gesin mee dat sy oor 2 weke uittrek na haar eie blyplekkie. Die kyk en die opmerkings wat Tannie Hetta maak, maak seer, maar Liza se gesig bly uitdrukkingloos… sy sal nie vir haar wys wat sy binne-in voel nie.

 

Sy’t net klaar gestort en teruggegaan karavaan toe, toe daar ‘n kloppie aan haar deur is.

“Is jy seker dat jy wil uittrek Ounooi?”

“Ja pa, ek is seker. Ek is moeg daarvan om soos ‘n bediende in hierdie huis behandel te word en dan moet ek nog daarvoor betaal ook. Tannie Hetta wil hê dat ek R300 van die R500 wat ek verdien moet betaal vir losies… dit terwyl Jaco al vir 3 jaar werk vir dubbel my salaris en ook nou eers begin losies betaal. Hoekom kry ek nie dieselfde geleentheid om ook net eers ‘n bietjie op my bene te kom nie? Nee pa, ek is seker. Sy moet maar iemand anders kry om op te trap en om haar huiswerk gratis vir haar te kom doen… ek is klaar.”

 

Danie kyk sy dogter met hartseer oë aan. ‘Die dag kom seker maar vir elke ouer om sy kinders die nes te sien verlaat, maar dit maak sy hart seer om sy dogter op hierdie manier nou-al te verloor. Hy weet egter dat om met Hetta hieroor te praat, net weer ‘n ander blik wurms sal oopmaak. Geen mens kan teen haar wen nie.’

 

”Dan is dit reg Lizatjie. Ek het ongelukkig nie veel om vir jou te gee nie, want Tannie Hetta hou die beursie maar styf toe, maar hier is vir jou ‘n R50 wat ek stil-stil vir jou afgeknyp het van my sakgeld. Ek hoop dit kan darem help om ‘n gaatjie toe te stop.”

“Dankie pa. Ek sal dit gebruik om my treinkaartjie mee te koop. Dit help regtig baie.” Sy gee hom ‘n drukkie en drink in stilte die warmte van sy teenwoordigheid in. Die geur van Brutt so eie aan hom gaan sy mis, maar sy kan nie langer hier bly nie.

 

And once there was a time
I had no fear at all
None that I recall

No future there to taunt
No history to haunt me
No monsters in the wall

Still I believe
Someone waits for me

Oh, a place to call my own
Somewhere to be from
A shelter from the storm
Where I’ll be safe and warm
Of wood and bricks and stone
A future built on stone
A place to call my own
 

Dit is vreemd, maar tog bevrydend om die aand die deur agter haar te sluit en te weet, hierdie is haar eie plekkie. Die kamer is bitter klein en met die kas en die enkelbedjie daarin is daar skaars plek om nog ‘n stoel ook in te sit, maar dit is haar eie en hier hoef sy nie aan enige iemand verslag te doen nie. Dis jammer dat sy by haar deur moet uitgaan om die toilet te gebruik, maar sy gee nie om nie… sy is immers gewoond om van die karavaan af te moes ingaan huis toe om die badkamer te gebruik. Sy moet ook die badkamer met die gesin deel maar dit pla haar maar min. Enige iets is beter as om langer in die huis saam met Tannie Hetta te bly.

 

Vinnig vlieg die dae en haar nuutgevonde vryheid verby. Die huisgesin trek haar ook sommer gou by hulle in, al probeer sy eintlik ‘n bietjie ruimte en afstand hou, maar die jonger dogters beskou haar half as ‘n ouer suster en sy laat hulle maar begaan. Dit gaan ook goed by die kleuterskool en vir die eerste keer in maande begin Liza amper soos ‘n gewone jongmens voel, behalwe vir haar geheim wat haar soms in die middel van die nag in angsweet laat wakker skrik… daardie beklemmende gevoel van nie in beheer wees nie, vasgepen, magteloos…. Dit is sulke oggende wat sy vroeër opstaan en amper vlug uit die klein kamertjie wat haar ook beklem. Dis sulke oggende wat sy op die trein sit en wonder of iemand haar ooit sal mis as sy net sou aanhou ry en ry en ry op die trein en net nooit weer terugkom nie… maar verantwoordelikheid sin maak dat sy getrou by die regte stasie afklim en die kilometer werk toe stap.

 

“Liza, hier is ‘n besoeker vir jou!”

Liza deel gou die laaste inkleurprentjie en houertjie kryte uit en stap na die ontvangsarea van die kleuterskool. In die voorportaal staan ‘n ou bekende vriend vir haar en inwag. Hy was in die area en het gehoor sy werk by die kleuterskool, wou sommer net gou hoor hoe dit gaan en hoe die lewe haar behandel. Hulle gesels vir ‘n rukkie en sy nooi hom om na werk ‘n koffietjie te kom drink by haar nuwe blyplek. Hulle spreek af dat hy haar sommer sal kom optel na werk.

 

Hulle gesels omtrent die hele pad huis toe en so tussendeur vind sy uit hoe dit nog met Bernice gaan. Sy is jammer om te hoor dat hulle verhouding ook nie die verhuising oorleef het nie, maar Albert lyk en klink goed en hy het beslis nie te lank oor haar vriendin getreur nie. Albert vra so terloops of sy weer iets van Anton gehoor het, maar Liza skud haar kop ontkennend. Sy het verkies om nie verder met hom kontak te behou nie. Sommer gou is hulle by die huis en dit huismense bied aan dat hulle in die sitkamer kan kuier. Hulle drink ‘n koffietjie en so tussen die gesprek deur beland hulle op die alkohol-onderwerp en is Albert amper geskok-verbaas om te hoor dat Liza nog nooit dronk was nie. Liza aan die anderkant kon nog nooit insien dat dit lekker kan wees om naweek na naweek jouself in ‘n stupor in te drink nie en sy lug haar opinie ook sommer duidelik. “Nee jitte man, ons sal jou bietjie volgende week een aand gou kom optel en dan doen ons bietjie pub-crawling. Jy kan ook nie so deur die lewe gaan en nooit ‘n bietjie ‘fun’ hê nie.”

 

Liza lag maar net want sy weet dat sy haarself nooit te buite sal gaan met drank nie, want dan is sy nie ‘n beheer van wat moontlik kan gebeur nie, maar sy laat Albert maar begaan. Die huismense nooi haar om aandete saam met hulle te nuttig en dit raak ‘n lekker gesellige aand. Net voordat sy nag sê, vra die tannie haar of sy nie maar eerder in een van die kamers in die huis wil intrek nie. Hulle het immers ‘n spaarkamer wat leeg staan en sy voel al ‘n hele rukkie sleg omdat Liza in die buitekamertjie moet slaap en nog steeds die kombuis en badkamer binne die huis moet gebruik.

 

Vir Liza is dit ‘n effens moeilike keuse want aan die eenkant geniet sy haar vrye, onafhanklikheid, maar aan die anderkant begin dit nou kouer raak en die buitekamertjie is baie klam en yskoud in die nag. Dalk is ‘n skuif na binne nie ‘n slegte plan nie.

 

Hulle gesels nog ‘n rukkie en Liza neem die aanbod aan nadat die huismense haar die versekering gegee het dat sy nog steeds sal kan kom en gaan soos wat sy wil. Daardie naweek pak sy maar weer haar tassie en trek met haar skamele paar aardse besittings in die huis in.


Dit is ‘n effense aanpassing om so tussen die gesin te leef en tog ook nie deel daarvan te wees nie, maar op die ou-end van die dag pas die reëling haar eintlik. Ten minste is die aande nie meer heeltemal so alleen en op haar eie nie.

 

Albert bel haar Dinsdagmiddag en reël dat hulle haar die volgende aand net na sewe gaan kom optel. Weer glimlag Liza half beterwetig by haarself want sy hoor die gretigheid in sy stem om haar bietjie die naglewe te gaan wys en dalk is dit nie ‘n slegte plan nie. Ten minste is dit saam met iemand wat sy vertrou en sy kan sekerlik nie haar hele lewe so naïef deurgaan nie. Sy begin half uitsien na die aandjie uit.

by Foxy

Sticks and stones….

Junie 12, 2012 in Sommer net gedagtes

On an autumn day somewhere in May

A little girl was born, midday

Her journey into this world,

Or so I was told

A fight for survival

But she’s a survivor

 

 

Was her path set in stone?

Would it be a race to the unknown

A constant fight?

A silent plea,

maybe

‘please just let me be?’

 

Constantly seeking

A sign of approval

Abused

Bruised

Chin up high

Solid stare in the eye

Silently pleading:

Please God, there must be more…

 

Falling in love

Hook, line, sinker.

She, the cautious always double re-thinker

Guard down, vulnerable

Wishing for a fairy-tale

But instead : you’ve got mail…

 

Pick up the pieces –

No time to stop.

Where once a heart,

Remains empty pieces.

Where’s the cement?

Fill up all the cracks and creases.

A heart of stone –

To the world be shown.

 

Yet deep inside,

Softly beating,

Silently weeping,

A heart so soft –

Just begging to be loved.

 

Heart declined –

You’ll choose with your mind.

 

After time has passed

the question is asked

How do I love thee?

 

Without blinking an eye

The silent lie.

Smile on the face

And six feet under in its wooden case,

A stone heart –

Barely beating,

Now only muffled sounds of weeping.

 

Words like swords,

Playing false chords.

None the winner,

Both a sinner.

 

A silent prayer in my head

Please God,

Thunder is rumbling –

And the walls are crumbling.

So tired to pretend,

Will it help if I repent.

 

Another morning.

Another day.

Might there be a way

To turn cement to clay?

by Foxy

Geseënde Paasnaweek

April 5, 2012 in Sommer net gedagtes

Aan al my blogmaatjies… ek bid jul ‘n geseënde Paasnaweek toe en deel graag iets wat met my gedeel is.. Mag hierdie naweek nie net ‘n lekker lang naweek wees nie, maar mag ons dink aan die kosbare prys wat vir ons elkeen betaal is.

It’s Friday. Jesus is arrested in the garden where He was praying.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. The disciples are hiding and Peter’s denying that he knows the Lord.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. Jesus is standing before the high priest of Israel, silent as a lamb before the slaughter.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. Jesus is beaten, mocked, and spit upon.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. Those Roman soldiers are flogging our Lord with a leather scourge that has bits of bones and glass and metal, tearing at his flesh.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. The Son of man stands firm as they press the crown of thorns down into his brow.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. See Him walking to Calvary, the blood dripping from His body. See the cross crashing down on His back as He stumbles beneath the load.

It’s Friday; but Sunday’s a coming.

 

It’s Friday. See those Roman soldiers driving the nails into the feet and hands of my Lord. Hear my Jesus cry, Father, forgive them.

It’s Friday; but Sunday’s coming.

 

It’s Friday. Jesus is hanging on the cross, bloody and dying.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. The sky grows dark, the earth begins to tremble, and He who knew no sin became sin for us. Holy God who will not abide with sin pours out His wrath on that perfect sacrificial lamb who cries out, “My God, My God. Why hast thou forsaken me?” What a horrible cry.

But Sunday’s coming.

 

It’s Friday. And at the moment of Jesus’ death, the veil of the Temple that separates sinful man from Holy God was torn from the top to the bottom because Sunday’s coming.

 

It’s Friday. Jesus is hanging on the cross, heaven is weeping and hell is partying.

But that’s because it’s Friday, and they don’t know it, but Sunday’s a coming.

 

SM Lockridge

by Foxy

Nog ‘n foto of 3

Februarie 15, 2012 in Sommer net gedagtes

Gedink ek deel sommer gou nog ‘n paar fotos van die kamp se watervalle…

Die leer op na die 2de waterval

Hier kan jy dan heerlik afkoel in die yskoue waterval. 80% van die groep het sommer net hier gebly maar van ons ander se nuuskierigheid het die oorhand gekry om te sien hoe die ander watervalle lyk en het besluit om dit verder te gaan verken. Min wetende wat op ons wag!

Links van die boom kan jy so ‘n rooi spikkeltjie sien.. dit is ongeveer so 20 meter van die 2de waterval af teen die paadjie wat jy begin opklim. Hier is dit darem nog so ‘n effense voetpad maar ook direk van daar af begin jy alklaar effens oor rotse klim om op die pad te bly. Die volgende oomblik ontmoet jy die staalpaadjie soos hieronder… al verskil… daar GEEN RELINGS NIE!

Dit is op die foto so regs van die boom waar ek dit ook so geskryf het.. nou kyk, my knie-koppies het maar goed gebewe want ek wil-wil mos myself so begin verbeel dat ek ook nou nie meer van hoogtes hou nie. Maar daar is geen genade nie.. as jy eers op die pad is, moet jy aanhou want daar is NERENS plek om om te draai as jy nie alleen is nie. So ek het maar my skietgebedjie opgesê en ‘n brawe glimlag opgeplak en verder geklim. Genadiglik is daar waar die smal paadjie bietjie minder solied is, darem die idee van ‘n handreling aangebring.

Hierdie 2 doedies moes ten spyte van ‘n amperse angs-aanval maar aanhou loop en het behoorlik histeries by die 3de waterval aangekom. Hulle kon ook nie vinnig genoeg omdraai om terug te gaan nie.

en die 2 knapies het soos wafferse bobbejaantjies sommer die vuurwarm rotse kaalvoet aangedurf en geklim tot by die 3rde waterval. Hier moes ek ook net keer of hulle wou verder, maar van hier af begin dit regtig rotsklim raak en ek het verseker nie daarvoor kans gesien nie. Dalk as my figuurtjie minder pikant was, maar ek het alklaar gesien hoe staan ek nou uiteindelik bo-op die massiewe rots wat seker amper 2.5 – 3 meter hoog is en ek kan nie weer af nie!

Het juis klaar my vriendin gewaarsku… as dit begin laat raak moet hulle maar die SAPS laat weet ek het iets gesteel en berg-in gevlug sodat hulle die helikopter stuur 😀

Die beloning net regs van die knapies

sou jy van die voetpaadjie af dit waag om na links te loer, sou dit die gesig wees wat jou begroet.

Dan is dit maar weer afklim en bid totdat jy onder by die 2de waterval uitkom. En van daar af is dit so paar rotsies wat jy oorklouter totdat jy weer die leertjies begin bereik.

As jy lank genoeg kan stilstaan met die bewende knieë so halfpad af teen die trappies hier onder…

dan kan jy die foto geneem kry om te wys hoe mooi is dit oppad af ook!

Dan weer die finale leertjie af na onder.

waar ons die kleintjies moes los waar hulle in die eerste waterval rondgeplas het.

Een van die mooiste plekke naas Baingskloof waar ek nog was en met so ‘n heerlike span mense wat dit werklik ‘n ongelooflike lekker naweek gemaak het.

by Foxy

Ek is nog steeds hier

Februarie 8, 2012 in Sommer net gedagtes

Ek het gedink 2012 sal dalk so ‘n bietjie rustiger wees, maar die vet weet… ek is saans poot-uit as ek by die huis uiteindelik tot ruste kom. By die werk skarrel ons soos ‘n klomp miere rond wat op ‘n sak lekkergoed afgekom het en saans is die program by die huis nie veel rustiger nie… Ek gaan beslis weer êrens ‘n plan moet maak om ‘n paar dae verlof te neem… maar tot tyd en wyl ons daar kom, kan ek solank ‘n paar foto’s met julle deel waar ons so twee gelede was.

Ek het gaan ‘workshop’ in die platteland – ‘n bietjie uit die stadgedruis uit, met my oulike span musiekmense. Ons het snags maar gesukkel om te slaap want dit was BITTER warm, maar dit het die aande so bietjie langer gemaak vir kuier en saam musiek maak 🙂

Ek deel graag met julle net so ‘n glimps van die natuurskoon waarin ons, ons die Saterdagmiddag bevind het.

 

Saterdagoggend so skrams voor 5h30

Na ons werksessies is dit waar ons die middag verwyl het.

en as jy die energie kon bymekaarskraap kon jy die smal paadjie aandurf na nog mooier en hoër.

 

 

die laaste stukkie teen die leer af waarteen jy aanvanklik opgeklim het.

Hierna was jy nie weer so gelukkig om dit so maklik te hê nie. 🙂

 

Die aand net voordat donker ons finaal oorval het.

 

en nou moet ek eers weer groet…

Sien weer annerdag!

by Foxy

Hoor my lied 2… Hoofstuk 5

Desember 23, 2011 in Hoor my lied

‘TRIIIIIINNNNNNNGGGGGGGG’

 

Dit is seker my straf… dit moet die Hel wees want ek dink nie in die hemel is daar wekkers nie.

 

‘TRIIIIIINNNNNNNGGGGGGGG’

 

Die lawaai hou aan en aan en al voel dit asof sy nie genoeg krag het om haar arm op te lig nie, slaag sy uiteindelik daarin om haar oë wat soos kole vuur brand, oopgesper te kry en in die proses darem die wekker raakgevat te kry.

 

‘Hoekom lyk die hel dan soos my karavaan? Was ek dan al so lankal daar dat ek dit nie eens agtergekom het nie?’

 

‘n Ligte kloppie teen die karavaan se deur laat haar besef dat sy nog deel is van die lewendes en vir ‘n oomblik weet sy nie wat om te voel nie…

 

“Liza, is jy al wakker? Jy sal moet wikkel as jy nog jou trein wil vang!” praat die vroue stem buite die deur en vir ‘n oomblik wens Liza sy het maar eerder nog ‘n pakkie gevat net om seker te maak.

 

Sy val half van balans uit die bed en ‘n vinnige loer na die wekker laat haar alle dronkerigheid wegskrik en wens dat sy maar eerder nie die bottel sjampaje ook nog uitgedrink het nie… onmiddelik is sy ook egter sommer kwaad… die pakkie het immers gesê oordosering gepaardgaande met alkohol kan …..

 

Feit is egter, hier staan sy nog en nou moet sy wikkel as sy nog net-net betyds vir werk wil wees.

 

So vinnig as wat sy kan, trek sy aan en dan sluit sy die karavaan se deur oop. Die lig is amper verblindend helder en onmiddelik voel sy hoe ‘n hoofpyn teen haar slape klop. Sy sluit die sy-deur oop en stap vinnig badkamer toe. Haar oë is rooi en op haar wange is ‘n bloedrooi blos. Vinnig was sy haar gesig met koue water en borsel haar tande. Dan stap sy vinnig na die Tupper-kas en skrik haar amper dood… binne in die Tupper-bak sit ‘n yslike spinnekop. Verskrik gooi sy die bak terug in die kas en nael kombuis toe om die blik gif te gaan haal. Die volgende bak wat sy uithaal het ook een in en vinnig druk sy die kas toe… ‘Waar kom al die spinnekoppe vandaan en waarom voel ek nou so moeg?’

 

Sy sit met toe-oë in die trein en voel elke keer as die trein tot stilstand kom en weer wegtrek die narigheid wat in haar keel opstoot. Teen die tyd wat sy haar stasie bereik voel sy goor en nadat sy die stel trappe teen die treinbrug opgeklim het, moet sy eers gaan staan om asem te skep. ‘Wat gaan aan met my?’

 

Die 400m werk toe voel soos 4Km en teen die tyd wat sy by die werk aankom is sy lakenwit en uit-asem. Dalecia gee haar net eenkyk en stuur haar onmiddelik om die draai dokter toe. Sy word sommer dadelik deurgeneem na die prosedure-kamer en sy sien die verbasing in die dokter se oë toe hy klaar na haar hartklop geluister en haar bloeddruk geneem het.

 

“Jy pols is verskriklik hoog ounooi. Ek wil gou ‘n EKG doen sodat ons net kan seker maak alles is reg. Lê solank hier op die bed.”

 

Liza gaan lê gewillig, te dankbaar om haar oë net vir ‘n wyle toe te maak. Sy voel hoe hy die plakkertjies op haar bors vasplak en lê net gelate daar. Hy verduidelik dat sy vir ‘n rukkie so moet lê en dat hy nou weer sal kom inloer. Sy voel hoe haar hart onstuimig klop, maar hierdie is nie ‘n lekker onstuimig nie.. dit laat haar pap en sleg voel. Sy kyk op na die dak en onmiddelik voel sy asof daar ‘n gewig op haar bors gegooi word wat haar laat snak na asem, want daar bo teen die dak sit nog ‘n aaklikge, groot spinnekop! Sy voel hoe paniek binne haar opstoot en sy knyp haar oë styf toe… ‘Sê nou net die spinnekop val op haar?’

 

Dankbaar hoor sy die dokter by die deur praat en sy maak haar oë oop, loer weer vinnig na die dak, maar nou sit hy nie meer daar nie. Die dokter praat met haar, maar sy registreer glad nie wat hy sê nie. Haar oë bly soek na die vermiste spinnekop.

 

Die assistent kom ontkoppel haar van die EKG-masjien en vra of sy haar met iets kan help en of sy sal regkom om self aan te trek. Liza knik haar kop instemmend terwyl haar oë nog bly soek-soek. Alte gewillig laat sy haar lei na die dokter se spreekkamer. Sy gaan sit op die stoel en kyk om haar rond.

Dis met die afkyk slag dat sy opspring uit die stoel uit… want daar sit ‘n spinnekop teen die rand van die kas.

 

“Kom sit gou hier op die bed ounooi.”

Liza gaan sit maar alte gewillig op die bed. Die spinnekop is weer weg. Sy antwoord amper outomaties toe die dokter uitvra na haar pa se kontakbesonderhede en luister afgetrokke hoe hy die nommer skakel, registreer dan dat haar pa eintlik met vakansie is en sê dit.

 

“Ok ounooi, kom ek wees dan nou maar eerlik met jou. Ek is regtig bekommerd. Jou pols is amper dubbel die normale spoed van wat dit vir ‘n jong dame van jou ouderdom moet wees en jou bloeddruk is ongelooflik laag. Ons sal jou hart moet help anders staan jy die kans om permanente skade op te doen en ons kan ‘n hartaanval ook nie uitskakel nie.”

 

Liza skrik effens maar in haar gedagtes wens sy eintlik dat sy net hier en nou ‘n fatale hartaanval kan kry… dan kan niemand haar weer seermaak nie.

 

Dr. Piet kan sien dat sy glad nie registreer nie en hy begin om vir Dalecia ‘n briefie te skryf. Hy verskoon homself en gaan kry vir haar die nodige medikasie en stap dan weer terug in sy kantoor in. Sy sit nog net so daar en staar net na die muur agter sy stoel… wat sal tog in haar gedagtes aangaan? wonder hy by homself toe hy vir haar die sakkie met die medikasie in aangee. Gou verduidelik hy vir haar alles en stap saam met haar deur toe.

 

Dalecia lees die briefie en beveel Liza om onmiddelik in die siekeboeg op die bed te gaan lê. Sy neem die sakkie medikasie en haal die nodige vir haar uit en neem dit met ‘n glas water na die meisie wat roerloos op die bed lê.

“Die dokter sê jy is ‘n bietjie siek Liza. Is daar iemand by die huis om na jou te kyk?” sy sien die skrik in die kykers voor haar, maar skryf dit toe aan die nuus dat sy siek is, maar in Liza se gedagtes sien sy net een reus voor haar staan… Jaco!

 

“My pa-hulle is weg vir die week en ek is alleen.. wel amper alleen.”

“Ek wil jou eintlik huis toe stuur as jy ‘n rukkie gerus het maar net as jy gaan regkom op jou eie daar.”

 

Liza knik net haar kop. Sy is doodmoeg en wil nou net slaap. Sy’t ook skaars die pilletjies gesluk of sy is vas aan die slaap. Dit voel vir haar asof sy ure geslaap het toe Loraine haar later kom wakker maak om iets te eet. Hulle lig haar toe ook in dat hulle haar nadat sy ge-eet het sal huis toe neem.

 

***

 

Sy sluit die karavaan se deur sorgvuldig toe Loraine gery het. Die leë sjampanje bottel en die leë pakkie pille is ‘n stil getuie van wat hom gisteraand in die karavaan afgespeel het. Sy gaan lê egter net op die bed en laat toe dat die donker vergetelheid van slaap weer oor haar spoel en afsluit van die wêreld daarbuite.

 

I wish for this night time
to last for a life-time
The darkness around me
Shores of a solar sea
Oh how I wish to go down with the sun
Sleeping
Weeping
With you

by Foxy

Hoor my lied 2… Hoofstuk 4

Desember 23, 2011 in Hoor my lied

Dong! Dong! Dong!

Dis middernag…

 

‘n Donker figuur sluip die stil huis binne en gaan staan voor die medisynekas in die gang. Saggies word daar gekrap in die boks en stil-stil word daar weer uit die huis uit gesluip.

 

Die flou kersliggie gooi lang skadus teen die kas van die karavaan en vasberade drink sy eers die 2 pynpille. Dan begin die trane sommer weer loop en twyfel verander in vasberadenheid en voordat haar moed haar ontbreek, word die ander bokse ook oopgemaak en al die oorblywende pilletjies uit die stippel-velletjie word sorgvuldig uitgedrink. Die bottel warm sjampanje word oopgemaak want ‘waarvoor sal ek dit tog los?’

 

Die bitter pille word in een slag in haar keel afgegooi, gevolg deur ‘n groot sluk van die sjampanje. Die borrels brand haar neus en sy wil eers die bottel neersit, maar besluit daarteen en vinnig is die koue glas weer teen haar lippe en begin sy om die sagte pienk vloeistof vinnig te sluk.

 

Minute later begin haar kop draai en dit voel asof die wêreld al hoe meer om haar begin spin. Berou wil-wil haar oorval, maar dan voel sy weer pyn van liggaam en siel en doelbewus sit sy weer terug. Wat is die sin tog… die sekonde wyser tik, tik, tik rustig aan… sekondes verander in minute en dan dink sy aan klein Danie…

 

‘n Vel papier word nader getrek…

 

Ek is baie lief vir jou boeta… jammer.

 

Die brandpyn in haar onderlyf is weg, die wêreld begin nou net al hoe meer en meer spin teen ‘n ongelooflik tempo. Sy besluit om maar eerder te gaan lê. Net voordat haar oë vir oulaas toeval, verskyn daar in haar gedagtes weer ‘n paar sagte groen oë en sy hoor weer die fluistering van sy stem in haar oor:

 

“Ek is lief vir jou!”