Halloooooo!

September 18, 2012 in Sonder kategorie

Is ek nou weer op die regte plek, lyk bekend.

Is dit nou permanent of gaan daar weer ‘n wegraping plaasvind?

Ek verstaan nie mooi nie….

Julie 28, 2012 in Sonder kategorie

Die Punt-Van-My-Hart het bronchitis opgedoen. Dermate sò dat
sy vir drie dae afgeboek is en antibiotika moet neem met die opdrag dat, indien
dit nie na twee dae bevredigend opklaar nie, sy weer die dokter moet besoek.

 

Omdat ons gereelde GP vol bespreek was en Willem haar eers
oor drie dae sou kon sien, het sy besluit om na ‘n ander dokter te gaan en,
soos ons altyd maak, vir die konsultasie te betaal en dit dan later terugeis.

 

Die totale rekening het R 550 beloop en is as volg opgemaak:

 

Die konsultasiefooi was R 277,00 wat  fair
enough
is, maar wat my effens verwar was ‘n item ‘Administration Fee’ vir
R 150,14 en dan ‘n verdere item For
emergency and unscheduled’
@ R 121,80
en Probe cover for Thermoscan @ R 1,06.

 

Adminfooi van R 150,14?

 

Emergency and
unscheduled
van R 121,80? Bò en behalwe die konsultasiefooi? Nee, hel.

 

Sy het hulle on the
spot
met haar debietkaart betaal,
geen wag vir hulle geld totdat die mediese fonds eendag besluit om hulle te
betaal nie.

 

Ek het geen probleem om te betaal vir professionele dienste
nie, maar ek kry die nagging feeling dat
hulle haar sien kom en haar toe lekker af-gerip
het want by Willem is dit ‘n once off
betaling met geen admin- of ander fooie nie?

 

Sal hulle Maandag bel en ‘n fair kans gee om dit stadig aan my te verduidelik, dalk verstaan ek
dàn.

 

Maar intussen is my moer redelik gepluk……..

Hierts!

Julie 27, 2012 in Sonder kategorie

Lou se vertelling oor die gebeure in en om Klawer het my
laat dink aan Mater se storietjie verlede week gedurende ons pub lunch.

 

Voordat ek dit oorvertel wil ek net benadruk dat dit
geensins disrespekvol teenoor onderwysers bedoel is nie, nee.

 

Trouens, ek kom uit ‘n familie wat wemel van onderwysers en
het eerstehands ervaar waardeur hulle soms moet gaan om kennis in brats (myself ingesluit) se
muisnes-koppe te prop.

 

En Mater se storietjie is nét dit – ‘n storietjie.

 

Die koerantfotograaf was nooit juis ‘n toonbeeld van
afgerondheid nie.

 

Hy was saam met ‘n verslaggewer by ‘n landbouskou in die
Suid-Vrystaat.

 

Hy moes onder meer fotos van die huisvlytafdeling neem en hy
het ‘n plaaslike dominee laat stotter toe hy, klaarblyklik hoogs verveeld met
die verslaggewer se vrae oor die skou, by hom wou weet: “Dominee, waar’s die terte?”

 

Bloedrooi aan’t blose het die verbaasde leraar tog probeer
hulpvaardig wees: “Broertjie, hier is ‘n paar onderwyseressies, maar hulle is
ongelukkig nou met vakansie.”

 

J

Belaglik.

Julie 25, 2012 in Sonder kategorie

Met die nuttiging van my vroeë oggend Kameel op die stoepie,
staan ek weer en dink (en giggel) oor Bra’ JZ se uitlating op 702 dat die
boeke-skandaal in Limpoepoe Limpopo vierkantig voor die deur van Dr
Hendrik Verwoerd gelê moet word, my liewe donner.

 

Have a heart  – die man is nou al 46 jaar dood en
waaragtig, om nòu hierdie blessed  toonbeeld van onbeholpenheid voor sy deur te
wil lê is belaglik, om die minste daarvan te sê.

 

Nou, voordat ek as ‘n nare rassistiese ou mannetjie
uitgeskel word, wil ek net toegee dat die destydse beleid/manier van “Bantoe onderwys”
nie ‘n goeie idee was nie. No argument
about that.

 

Maar in dieselfde asem wil ek noem dat Verwoerd vermoor is
omdat hy glo‘n ingrypende toespraak in die parlement wou lewer wat ’n radikale
verandering in die apartheidsbeleid sou meebring en dat sekere elemente in sy
binnekringe dit ten alle koste wou vermy.

 

Ook dat sy bruin aktetas waarin ‘n afskrif van die toespraak
was spoorloos nà die sluipmoord verdwyn en tot vandag toe nie opgespoor is nie.

 

Die bogenoemde stelling/uitlating kan nie bewys word nie en
of dit bloot ‘n conspiracy theory is
kan dus nie met sekerheid gesê word nie, maar is ‘n point to ponder.

 

Prof Izak Oosthuizen, onderwyskenner aan die
Noordwes-Universiteit reken dat die moontlikheid baie skraal is dat amptenary wat
by die skandaal betrokke is “draers van die apartheidsidee” is. (Beeld, 24 Julie 2012)

 

En voorts: “Die probleme in die onderwys, swak gehalte onderrig
en die aanstelling van mense in belangrike posisies wat onbekwaam is, is die
ANC se nalatenskap
, nie Verwoerd s’n nie.” (Eie onderstreping.)

 

Spot on, prof!

 

‘n Woordjie van advies aan the powers that be:

 











Alenda lux ubi orta libertas



“Let learning be cherished where liberty has
arisen.”



 



 


Nie dat ek enigsins dink dat hulle dit ter harte sal neem
nie.

 

Kyk noord en donner voort…..

 

Skande.

Moer my weer…ek hoor hom nog!

Julie 24, 2012 in Sonder kategorie

‘n Bankier, berug vir sy langdradige, moer vervelige
toesprake, was spreker by ‘n dinee, waar hy nonstop in sy eentonige stem
voortgedreun het.

 

Een van die gaste, wat toe al te veel gedrink het, het hom sò
vervies dat hy die spreker met ‘n blompot bekruip het.

 

Toe hy afhaak om die bankier oor die kop te donner, verloor
hy sy balans en slaan die man langs die spreker byna katswink.

 

Dit het die bankier geensins gepla nie en hy het sy
dralerige relaas eenvoudig voortgesit.

 

Waarop die man wat getref is, vir die ander ou skree: “Moer
my weer…ek hoor hom nog!”

 

J

Telebemarkers en ander foonpeste.

Junie 30, 2012 in Sonder kategorie

Nou weet ek nie waarom ek die afgelope week so oorval is met
oproepe van telebemarkers wat allerlei snert aan my wil afsmeer nie, van
laserdrukkers tot persoonlike lenings by ‘n blessed
versekeraar, tot by sogenaamde surveys,
you name it,
seker maar die swak ekonomie (òf apartheid) se skuld.

 

Maar ek wéns dit wil end kry want dis moer disruptive wanneer mens konsentreer op
werk met ‘n deadline en dan ‘n
foonoproep moet beantwoord en daar is die een of ander onbeholpe tos op die lyn
wat die een of ander ding aan jou wil verkoop.

 

Omdat ek besef dat daardie mense ook maar ‘n job het om te doen het ek aanvanklik hoflik
probeer optree en die betrokke mens so politely
as moontlik probeer afsit, maar deesdae raak ek hardegat en maak korte
mette van daardie soort oproepe.

 

Gister blêr ek by Mater en vertel hom van die absolute swak
telefoniese diens wat ek by een van die groot maatskappye in Luilekkerland
gekry het, liewe donner – jy kan nou nog ‘n eier in my stert kook as ek net
daaraan dink.

 

Waarop hy ewe filosofies vertel van die crank calls wat daagliks instroom na sy koerant se news desk.

 

En toe die volgende storietjie te vertelle het:

 

‘n Vooraanstaande sakeman, kom ons noem hom Pietie Fortuin,
het glo eendag een van die talle mense in sy groot hoofkantoor gebel op soek na
sekere inligting. Die personeellid het nie geweet wie dit is wat bel nie en het
op ‘n bra onbeskofte manier summier geweier om die inligting te verstrek.

 

“Weet jy wie dit is wat praat?”

 

“Nee.”

 

“Dit is Pietie Fortuin hier. Ek is die voorsitter.”

 

Vir ‘n paar oomblikke is daar ‘n benoude stilte.

 

“Weet u wie dit is wat praat?” wou die ongeskikte weet.

 

“Nee,” antwoord Pietie Fortuin.

 

“Dank die hemel,” sê die stem aan die anderkant …..en sit
die telefoon neer.

 

J

Gedagte vir die dag (oorsprong onbekend)

Junie 27, 2012 in Sonder kategorie

While you’re stabbing my back, you can kiss my ass too.

Laughing

Dosyne plesiere…..

Junie 23, 2012 in Sonder kategorie

Gister gedurende my en Mater se pub lunch loop draai die gesprek toe by die beriggie in Beeld waarin Luilekkerlanders bieg oor
hul bedsake.

 

Ho- hum, Tomma –
duidelik is dit ‘n poging om sirkulasie bietjie te verhoog, maar dis enige dag
beter as om te lees oor die misdaad, moord- en doodslag en ander korrupsie
horror stories.

 

Waarop hy, na sy gebruiklike staar na sy Castle Draught, met die volgende
storietjie vorendag kom:

 

‘n Pas getroude paartjie kom van hulle wittebrood terug. Die
man sê vir sy bruid sy mag nooit ‘n bepaalde laai in sy klerekas oopmaak voordat
hy eendag dood is nie.

 

Al die jare van hul getroude lewe brand sy van
nuuskierigheid om te kyk wat in die laai is, maar maak dit nooit oop nie.

 

Nà 23 jaar kon sy dit nie meer hou nie. Sy maak die laai oop
en kry daar drie hoendereiers en ‘n klomp geld in.

 

Baie skuldig vertel sy die aand vir haar man wat gebeur het
en vra waarom die eiers daar is.

 

Hy bely toe dat hy ‘n eier in die laai gesit het elke keer
as hy haar verneuk het.

 

Sy besluit drie eiers is darem nie te sleg nie en vra hoekom
die geld daar is.

 

“O,”  sê hy, “Elke
keer as daar twaalf eiers was, het ek dit verkoop.”

 

Eish.

 

L

Paraprosdokians

Junie 22, 2012 in Sonder kategorie

PARAPROSDOKIANS
(Winston Churchill loved them) are figures of speech, or unexpected; frequently
humorous in which the latter part of a sentence or phrase is surprising

 

1. Where there’s a will, I
want to be in it.

 

2. The last thing I want to
do is hurt you; but, it’s still on my list.

 

3. Since light travels faster
than sound, some people appear bright

until you hear them speak.

 

4. If I agreed with you, we’d
both be wrong.

 

5. We never really grow up,
we only learn how to act in public.

 

6. War does not determine who
is right – only who is left.

 

7. Knowledge is knowing a
tomato is a fruit. Wisdom is not putting it

in a fruit salad.

 

8. They begin the evening
news with ‘Good Evening,’ then proceed to

tell you why it isn’t.

 

9. To steal ideas from one
person is plagiarism. To steal from many is

research.

 

10. Buses stop in bus
stations. Trains stop in train stations. Why is my

desk a work station.

 

11. I thought I wanted a
career. Turns out I just wanted paycheques.

 

12. In filling out an
application, where it says, ‘In case of

emergency, notify:’ I put
‘DOCTOR.’

 

13. I didn’t say it was your
fault, I said I was blaming you.

 

14. Women will never be equal
to men until they can walk down the

street with a bald head and a
beer gut, and still think they are sexy.

 

15. Behind every successful
man is his woman. Behind the fall of a

successful man is usually
another woman.

 

16. A clear conscience is the
sign of a fuzzy memory.

 

17. You do not need a
parachute to skydive. You only need a parachute

to skydive twice.

 

18. Money can’t buy
happiness, but it sure makes misery easier to live with.

 

19. There’s a fine line
between cuddling and holding someone down so

they can’t get away.

 

20. I used to be indecisive.
Now I’m not so sure.

 

21. You’re never too old to
learn something stupid.

 

22. To be sure of hitting the
target, shoot first and call whatever you

hit the target.

 

23. Nostalgia isn’t what it
used to be.

 

24. Change is inevitable, except
from a vending machine.

 

25. Going to church doesn’t
make you a Christian any more than standing

in a garage makes you a car.

 

26. Where there’s a will,
there’s a relative.

 

?

 

Fluit-Fluit…..

Junie 16, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie
storie in gister se Beeld het my
nogal laat lag.

Alle mans moet sit en fluit, stel politikus voor

Stockholm.– Mans moet verbied word om te staan
en urineer wanneer hulle die toilette in die gebou van ’n plaaslike
distriksraad gebruik.



Só sê ’n raadslid wat glo dit sal help om gesondheid te bevorder en die
toilette skoon te hou.



Viggo Hansen, ’n distriksraadslid van die Linkse Party in die provinsie
Sörmland, het die voorstel vroeër die week aan die distriksraad gedoen.



Dagsorgsentrums in Swede moedig seuns reeds aan om te sit as hulle toilette
gebruik.



In ’n onderhoud met ’n TV- kanaal het Hansen kenners aangehaal wat reken mans
wat sit om te urineer verlaag hul risiko van prostaatprobleme en dat dit meer
higiënies is.



In sy voorstel het hy ook beweer dit dra tot ’n beter en langer sekslewe by.



Kritici meen dit sal moeilik wees om die reël toe te pas, het Maud Ekman,
woordvoerder van die Linkse Party, gesê.



Die voorstel sal ’n jaar bestudeer word voordat die raad ’n besluit neem. –Sapa-AFP.

 

Eie opmerking: Fluit- fluit, my storie
is uit, of moet dit in hierdie geval dalk wees: Fluit-fluit, die storie hang
uit…..?

 

J