100-Jaar Suid-Afrika: Artikelkompetisie
Dins 25 Mei 2010, 09:28 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer Misbruik
Ter oordenking van die 100 jaar sedert Uniewording – toe Suid-Afrika op 31 Mei 1910 tot stand gekom het – bied die FW de Klerk Stigting, LitNet en Beeld gesamentlik van 28 Mei tot 29 Augustus ’n artikelkompetisie aan. Alle inskrywings word deurlopend op ’n spesiale LitNet-blog gepubliseer en wenartikels word tweeweekliks in Beeld geplaas.
Die skrywer van die uiteindelike en algehele wenartikel ontvang R3 000 en dié van elke artikel wat tweeweekliks gekies word om in Beeld te verskyn, R1 200 per artikel.
Klik hier vir die temas en lys van inskrywings
Klik hier vir die kompetisieproses, aanbevole leeswerk en reëls
Temas
Die temas word geskoei op die 1931-bundel Coming of Age – Studies in South African Citizenship and Politics, saamgestel deur Jan Hofmeyr, oor die probleme in Suid-Afrika 21 jaar na Uniewording. Dit is merkwaardig hoeveel die knelpunte wat Hofmeyr en kollegas geïdentifiseer het, ooreenstem met die knelpunte van die hedendaagse Suid-Afrika.
- Suid-Afrikaanse nasionaliteit: Betekenis, moontlikhede en beperkinge
- Quintin Diederichs: Unie van die eeu
- Amos van der Merwe: Die eeu van mistasting
- Helené van Tonder: 'n Verlede wat leef
- Francois Bekker: Die mite van ’n Suid-Afrikaanse nasionaliteit
- San Stols: Suid-Afrika: 1910–2010
- Nico de Wet: Die Heilige Verenigde Landmassa van Suid-Afrika (Beeld-wenartikel: 10 Junie 2010)
- Cilliers Brink: ’n Eeu van groot regering en klein individue
- At van Wyk: Onder Godsleiding?
- Johan Swarts: Mense is nou maar eenmaal sentimentele goed
- Helene Louw: Flash forward en Suid-Afrika se 100-jaar geskiedenis
- GP Terblanche: Die kontemporêre irrelevansie van voortydse geskiedenis
- RJ Kruger: George Orwell se Animal Farm I en II, en Suid–Afrika?
- Annelie Ferreira: Groter as die verlede
Abel Pienaar: Ons strewe na vryheid!
- Taal en kultuur in die nasionale konteks
- Quintin Diederichs: Die hebsug van ’n maer koei
- Lizeth Taljaard: ’n Eeu van misleiding en vrese lei tot ’n identiteitskrisis ten opsigte van taal en kultuur by alle Suid-Afrikaners
- Ben Viljoen: Wat is Kultuur, 'n vermetele ding ...
Christi Kruger: Gefragmenteerde stemme – op pad na vernuwing
- Die ekonomie en Suid-Afrika
- Die stand van Suid-Afrika se staatsfunksies.
Kompetisieproses
- Jou eerste inskrywing
- Kyk na die aanbevole leeswerk, asook na die ander artikels wat reeds vir die wedstryd ingeskryf is.
- Kies ’n tema en skryf daaroor (800 tot 1 200 woorde).
- Stuur jou artikel na 100jaarsa@gmail.com.
- Jou artikel sal spoedig verskyn op http://blogs.litnet.co.za/100jaarsa, waar enigeen kommentaar kan lewer.
- Beeld plaas minstens tweeweekliks ’n wenartikel teen R1200 prysgeld.
- Daar is geen beperking aan die aantal inskrywings per deelnemer nie.
- Jou herskrywing (opsioneel)
- Op 29 Augustus 2010 sluit die eerste ronde van die kompetisie en kry alle deelnemers kans om hulle inskrywings te hersien, onder meer op grond van die kommentaar op die blog.
- Sluitingsdatum vir die twee ronde inskrywings is 12 September 2010.
- Die algehele wenner, wat uit die tweede ronde van inskrywings en die Beeld-gepubliseerde artikels gekies word, word einde September aangekondig en ontvang R3 000.
Aanbevole leeswerk
- Coming of Age – Studies in South African Citizenship and Politics (Jan Hofmeyr et al, 1931)
- Wikipedia: http://af.wikipedia.org/wiki/Unie_van_Suid-Afrika
- Eeufees van SA: Lank leef die Unie – Dave Steward
Reëls
Bydraes moet die oorspronklike werk van deelnemers self wees en mag nie voorheen al in gedrukte media gepubliseer gewees het nie. Daar is geen beperking aan die aantal inskrywings per deelnemer nie. Artikels moet tussen 800 en 1 200 woorde lank wees en moet min of geen taalversorging vereis nie. Die organiseerders behou die reg voor om artikels nie te plaas indien hulle irrelevant is tot die temas nie, of lasterlike elemente bevat. Waar die reëls nie duidelik is nie, of ’n aspek nie aanspreek nie, is die organiseerders se beslissing oor 'n bepaalde aangeleentheid finaal.
Onderwerpe: suid-afrika fw de klerk stigting uniewording kompetisie
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
100JaarSA
| Geslag: | Male |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Cape Town | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 8712 |
| Kommentaar: | 115 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
- Tema 2: Gefragment...2010/08/31 12:45:37 nm
- Tema 1: Ons strewe...2010/08/30 01:15:24 nm
- Tema 2: Wat is Kul...2010/08/16 06:34:36 nm
- Tema 2: 'n Eeu van...2010/08/13 02:21:49 nm
- Tema 1: Groter as ...2010/08/13 11:09:36
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 16 intekenaar(s)
Kentekens
Onlangs Opgedateer
Ondersteuners



Lewer kommentaar